Sarie

Wie is Narcissus?

-

Narcissus is ’n aantreklik­e jagter en breek talle vroue se hart. Eggo, weer, ’n pragtige bosnimf wat deur die godin Juno gestraf word omdat sy te veel praat. Sy kan nie meer sê wat sy wil nie, maar net ander se laaste woorde herhaal. Eggo raak dolverlief op Narcissus en smag na sy aandag. Die verwaande vent sien haar nie eens raak nie. Eendag dwaal hy af van sy jagter-vriende en roep: “Is enigeen daar?” Eggo kan net maar sy woorde herhaal. Hy skrik en beveel: “Kom hier!” Vol vreugde storm sy op hom af, maar hy is nie lus vir haar attensies nie. “Ek sterf eerder voor jy aan my vat!” Sý wil sterf van vernederin­g, maar is sy genees van hom? Nee, haar liefde groei net. Om hom vir sy arrogansie te straf plaas Nemesis, die godin van wraak, ’n vloek op hom. Hy raak verlief op sy eie beeld in ’n poel water en glo hy het uiteindeli­k iemand ontmoet wat sy liefde waardig is. Al waaraan hy kan dink, is sy mooi gesig. Hy besef nie dis eintlik hyself nie. Eggo, op haar beurt, raak ál meer obsessief en depressief. Sy kwyn mettertyd weg en net haar stem bly oor. Hý val uiteindeli­k in die water, agter sy eie beeld aan, en verdrink.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa