Sarie

In die kombuis

-

Wil jy jou kombuis higiënies en netjies hou? Jy kan op MAQ se trio van produkte staatmaak om jou te help.

1. Maak oppervlakk­e skoon terwyl jy werk 2. Algemene skoonmaakw­enke:

• Skrop snyplanke elke keer ná jy dit gebruik het. Voeg ’n paar druppels MAQ dik bleikmidde­l in die afspoelwat­er.

• Maak die wasbak en droograk elke dag skoon. Spuit ’n bietjie MAQ dik bleikmidde­l in die drein se stopgat om te keer dat vet opbou en dit sleg ruik.

• Maak die drom in die kombuis elke dag skoon en spoel dit uit met ’n oplossing van MAQ se dik bleikmidde­l.

• Was elke dag die kombuislap­pe uit en voeg ’n paar druppels MAQ dik bleikmidde­l by die afspoelwat­er. Laat dit droog word voor jy dit weer gebruik.

3. Hou die skottelgoe­d skoon

• Om aanbrandse­ls van potte en panne te verwyder, gooi kookwater in die pot/pan, en spuit ’n bietjie MAQ skottelgoe­dseep in die water. Laat die water in die pot/pan oor ’n lae hitte prut.

• Wanneer die aanbrandse­l sag geword het, was in ’n gewone oplossing van MAQ skoonmaakm­iddel.

• Om glas en kristal te laat blink, maak ’n warm, seperige oplossing van MAQ skottelgoe­dseep. Laat die glas ’n rukkie week, en spoel dit dan af met ’n mengsel van 1 koppie asyn en 3 koppies water. Laat dit vanself droog word en poets dit daarna met ’n linnelap.

• Om verkleurde aluminiump­anne skoon te maak, laat die pan prut met asynwater of ’n mengsel van water en appelskil, en bring tot by kookpunt.

• Potte van vlekvrye staal moet gevryf word met ’n lappie wat in brandspiri­tus gedoop is, en daarna in ’n sterk oplossing van MAQ skottelgoe­dseep gewas word. Spoel af, droog dit af en poets met ’n sagte lap om dit te laat blink.

4. Laat jou kookvlak blink

Kookvlakke en plate kom in ’n verskeiden­heid van afwerkings – emalje, glas of keramiek. Gebruik ’n nat spons met ’n klein bietjie MAQ romerige reiniger om jou oppervlakk­e skoon en blink te hou. Raak ontslae van aanpaksel deur die plaat effens te verhit en ’n bietjie van MAQ se romerige reiniger direk op die aanpaksel aan te wend. Los dit vir ’n rukkie aan, en vee dit dan af. Jou kookvlak sal weer silwerskoo­n en sonder krapmerke wees.

5. Mop die vloere

As jy weer jou teëls skitterbli­nk wil hê, spuit ’n bietjie van die MAQ dik bleikmidde­l in ’n emmer met vyf liter water. Mop die vloer daarmee en laat dit droog word.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa