Sarie

In die badkamer

-

Almal moet die badkamer gebruik. Om seker te maak dis higiënies, vars en veilig, moet jy dit daagliks ontsmet met produkte wat spesiaal geformulee­r is daarvoor.

1. Die bad, wasbak en krane

Spuit bietjie MAQ romerige reiniger op ’n nat spons en vee vuil merke in die bad of wasbak af. As jy van die donker ring om die bad ontslae wil raak, spuit van die MAQ romerige reiniger op die ring, laat dit vir tien minute staan, en vee dan af. MAQ romerige reiniger raak ook ontslae van olierige en vuil merke op krane, sodat hulle weer blinkskoon kan wees.

2. Aanpaksel op die stortteëls

Verwyder alge en swart merke uit jou stort met ’n mengsel van MAQ se dik bleikmidde­l (30 ml/5 liter) en was die teëls. Maak die bryvulling ( grouting) skoon deur ’n ou tandeborse­l in MAQ se dik bleikmidde­l te doop en dit daarmee af te borsel.

3. Stort, wasbak en propgate

Verwyder stukkies kos wat in die propgate agtergebly het. Spuit MAQ se dik bleikmidde­l in die propgat, laat dit vir drie minute staan, en spoel dit dan weg met water.

4. Toiletbors­els

Laat toiletbors­els week in ’n mengsel van MAQ se dik bleikmidde­l (50 ml/5 liter), spoel af en laat droog word.

5. Stortgordy­ne

Verwyder alge met ’n oplossing van MAQ se dik bleikmidde­l (30 ml/ 5 liter). Was die gordyne met die mengsel, spoel af en laat droog word.

6. Kamme, tande-, nael- en haarborsel­s

Maak ’n sterk oplossing van MAQ se skottelgoe­dseep en was behoorlik. Voeg ’n paar druppels van MAQ se dik bleikmidde­l by die afspoelwat­er, en laat dit vir tien minute week. Spoel af en laat droog word.

7. Toilet

Spuit van MAQ se dik bleikmidde­l rondom die toiletbak en in die water. Laat ’n halfuur lank staan voordat jy die toilet spoel. Vee die toiletsitp­lek, deksel, handvatsel en spoelbak af met ’n verdunde mengsel van MAQ se dik bleikmidde­l.

Wenk: Om van reuke ontslae te raak, spuit van MAQ se dik bleikmidde­l onder die rand van die toilet en laat dit oornag staan.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa