Sarie

In die waskamer

-

Niks ruik lekkerder as skoon wasgoed nie, tog is wasgoedwas ’n taak waarteen baie mense opsien. Die laaste ding wat jy nodig het, is dat ’n kledingstu­k gevlek uit die wasgoed kom. MAQ waspoeier en versagmidd­el help om jou wasgoed lag-lag af te handel.

1. Sorteer jou wasgoed ...

... in bondels ligte en wit wasgoed, bont wasgoed en donker kleure. As die klere baie vuil is, moet dit apart gewas word. Handdoeke moet ook op hul eie gewas word om seker te maak dit rafel nie.

2. Behandel vlekke voor jy dit was

Gaan jou wasgoed deur voordat jy dit was. Behandel vlekke deur ’n pasta van MAQ waspoeier te maak, of week dit ’n uur lank voordat jy dit was.

3. Laai die wasgoed reg

Ongeag of jy die wasgoed in ’n wasmasjien of per hand was, dis belangrik dat jy die artikels een-een by die vrag voeg sodat die bak of wasmasjien nie volgeprop is nie. Die klere moet goed kan beweeg tydens die was.

4. Die regte hoeveelhei­d waspoeier

Lees die aanwysings op jou MAQ waspoeier. Gebruik MAQ Auto vir voorlaaiwa­smasjiene, en MAQ Handwash vir bo-laaiers of wanneer jy met die hand was. As jy te min waspoeier gebruik, sal jou klere nie skoon wees nie. Daarteenoo­r is te veel waspoeier weer ’n vermorsing.

5. Siklus op die wasmasjien

Kies die siklus wat die beste by jou wasgoedvra­g pas. As jy twyfel, was in koel water (30 grade). Raadpleeg die tabel onder om te sien watter temperatur­e vir watter stowwe aanbeveel word.

6. Die regte wasgoedver­sagmiddel

Wasgoedver­sagmiddels speel ’n baie belangrike rol. Dit laat nie net jou klere en kaste lekker ruik nie, dit is net so belangrik vir die wassiklus as wat opknapper vir jou hare is. Tydens die wasproses koek van die materiaalv­esels saam, wat dit hard laat voel en ongemaklik maak om te dra. Versagmidd­els maak jou klere glad en sag, wat dit aangenamer maak om te dra. Dit voorkom ook kreukels, wat dit makliker maak om te stryk.

Gebruik dit so ...

• Moenie te veel versagmidd­el ingooi nie. Dit sal die materiaal “olierig” laat voel.

• Spoel handdoeke gereeld in versagmidd­el uit, maar moenie te veel in die water gooi nie, want dit maak die handdoeke minder absorberen­d.

• Natuurlike stowwe – wol, linne en katoen – trek voordeel uit versagmidd­el omdat dié materiale se vesels weer “herstel” en opgeknap moet word sodat dit sy vorm kan herwin.

• Akriel en poliëster het versagmidd­el nodig om te voorkom dat statiese elektrisit­eit opbou. Maak egter seker jy gebruik die regte hoeveelhei­d.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa