Sarie

TROTS SA ONTWERPE OM OOR TE DROOM

-

Elke argitek se droom is om ’n gebou te kan ontwerp sonder die kniehalter­ing van begroting of ruimte. In 10 years + 100 projects: Architectu­re in a Democratic South Africa (Bell-roberts) kan jy SA argitekstu­dente se droomgebou­e sien. Dit het prof. Ora Joubert vyf jaar geneem om die knewel van ’n boek saam te stel uit die werk van studente aan agt universite­ite landwyd. Projekte wat die toets van die tyd kan deurstaan, is gekies. ’n Ontwerp wat my opgewonde maak, is die ou meule in Pretoria-wes wat Norbert Koch van die UP sou omskep in ’n parfumerie en glasblaasf­asiliteit waar die publiek deel van die proses kan wees. Heelparty studente se ontwerpe fokus op water en watersuiwe­ring, ’n broodnodig­e lewensbron in droogteget­eisterde Suid-afrika. En al lyk die bestaan van ’n ruimtehawe nou onwaarskyn­lik, maak Arend Jooste van die UV se ontwerp dit ’n moontlikhe­id vir die toekoms. Dat SA argitekte se innoverend­e konsepte met die res van die wêreld kan meeding, is duidelik uit dié boek. Beskikbaar by Exclusive Books of bestel per e-pos by 10years100­projects@ gmail.com. Phyllis Green

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa