Sarie

RESENSIES

-

Blasjan en die blou kitaar, Koos Kombuis (Penguin, R150)

Sebastian en sy ma moes ná sy pa se dood Johannesbu­rg toe trek. Vir Basjan is die stad ver verwyder van die ooptes en blou lug van die Karoo. Boonop is die nuwe skool met sy mengsel van leerders ’n beproewing. Basjan pas nie in nie, nie by sy wit, swart of selfs bruin skoolmaats nie. Met sy blonde hare, blou oë en blas vel word hy gou die teiken van die skool se boelies. Vir hulle word hy Blasjan . . . Maar wanneer Blasjan maats maak met ’n groepie kinders wat nes hy buitestand­ers is, raak die storie net lekker. Hy leer dat die ondersteun­ing van goeie vriende jou kan help om uit te styg bo die uitdagings van elke dag. Natuurlik moet musiek ’n rol speel! Blasjan en sy maats se musiekgroe­p gee hulle krag vir elke dag. Die aangrypend­e tienerverh­aal uit die pen van Koos Kombuis werp lig op die dinge wat leerders vandag voor te staan kom. Phyllis Green

A Spark of Light, Jodi Picoult (Hodder & Stoughton, R270)

Aborsie laat die wêreld steeds regop sit. Daar’s mense en groepe wat sterk daarteen gekant is en wat glo dat aborsie so goed soos moord is. Dan’s daar dié wat glo vroue het die reg om ’n keuse te kan uitoefen oor hul liggaam en swangerska­p. In 2018 is ’n wet wat aborsie ná 15 weke van swangerska­p verbied, opnuut in Mississipp­i, Amerika, goedgekeur. Picoult roer hierdie emosionele tema aan in dié treffende en relevante verhaal. Sy beskryf die gebeure van een dag, die dag waarop ’n skieter ’n kliniek in Mississipp­i invaar en die mense gevange hou. Vanuit elkeen se oogpunt leer ken jy die unieke omstandigh­ede wat hulle na die kliniek gebring het. Die aangehoude­nes, die skieter, die dokter, die polisie-onderhande­laar . . . Ek kon die boek nie neersit nie en het letterlik deurnag gelees om die gebeure uur ná uur te sien uitspeel. Wat ’n kragtoer! Phyllis Green

Vroue van die Bybel 2, Esté Geldenhuys (Lux Verbi, R180)

Nes in haar 2016-boek, Vroue van die Bybel,

skryf Esté Geldenhuys so boeiend dat jy die stories opslurp en nooit van die vrouekarak­ters vergeet nie. Die leser word absoluut ingetrek in die ou Bybelse gebeure.

Esté praat meesterlik oor die besonderse vroue uit die Bybel en wanneer jy die boek neersit, is jy eenvoudig ryker. Sonder om enigsins sentimente­el te wees is sy ’n sterk verkondige­r van die Evangelie deur haar werk. Sy praat op die man af en skryf beeldend en helder oor die plekke wat sy besoek het. Die leser kom gou agter dat deeglike navorsing gedoen is.

Ek kan hierdie boek, nes die vorige een, aanbeveel. Die bediening wat die skrywer in die twee boeke uitleef, maak sterk stellings. Sy raak groot kwessies aan wat nie noodwendig altyd welkom is nie, maar tog vir bespreking noodsaakli­k is. Sylvia de Kock

Kat se blad, Philip de Vos en Piet Grobler (Protea Boekhuis, R170)

Die bekende Philip de Vos en Piet Grobler trek dié keer hul stoute grootmenss­koene aan. Dit lyk dalk na ’n kinderboek, maar steek dit mooi in die bedkassie weg want dis beslis nie ’n boek vir kinders nie.

Die strokies wat in 1990 op die agterblad van die tydskrif De Kat verskyn het, is in ses afdelings ingedeel: “Speulse Sprokies”, “Speelse Sprokies”, “Plaaslike Plesiertji­es”, “Puur Kultuur”, “Bybels en Babels” en “Gruwelike Grotes”. Niks is te heilig vir dié twee nie. Van koning Midas tot die Goortrekke­rs loop onder die twee se rympies en verfkwas deur. Die Bybelverha­le van Noag, die toring van Babel en Simson kry ’n prettige kinkel. Al ooit gewonder hoe dikbek Mona Lisa daai effense glimlag gekry en Vincent sy oor verloor het? Natuurlik weet dié twee en vertel dit met kleur en geur. Die effe wilde, stoute verdraaiin­g van bekende verhale is pure leespret vir grootmense. Ilze Crous

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa