Sarie

WAAG MET JOU SOMERHARE

Nuwe jaar, nuwe jy, nuwe hare! ’n Kort parmantige kuif, rosé-pienk hare, ’n perm met strandkart­els en ’n natuurlike krullebol is alles in die kol vir 2019

-

VOORKOMS

’n Stompgesny­de bob of lob was in 2018 supergewil­d, maar kry nou ’n vars kinkel danksy die “kitten”-kuif. “Dié korter kuif wat effens versnipper is, het ’n 90’s-gevoel en is jonk, vars en effens parmantig. Dit maak jou gesig onmiddelli­k oop en is een van die maklikste maniere om nuwe lewe in jou haarstyl te blaas,” sê Boyd Meilhon, meestersti­lis by die haarsalon Karo Hair in Johannesbu­rg. As jy bang is dat so ’n kuif te veel stilering gaan verg, wees gerus, jou haarstilee­rder sal jou haartekstu­ur, hetsy fyn en reguit of krullerig, in ag neem en dan jou stomp haarpunte en kuif só sny dat minimale stilering nodig is.

Wenk!’n Kort kuif met tekstuur beklemtoon jou gesigvorm en lyk daarom beter by ’n lang of ovaalvormi­ge gesig. Vermy dit eerder as jy ’n ronde, vierkantig­e of hartvormig­e gesigvorm het.

VERSORGING

Wanneer jy ’n kuif laat sny, neem dit dikwels ’n tydjie vir jou hare om gewoond te raak om so te val. Gebruik ’n bevogtigen­de sjampoe en opknapper om kroeserigh­eid te keer. Kam dan net nadat jy jou hare gewas het jou nuwe kuif reguit uit en blaas droog. Mettertyd sal jou kuif vanself mooi droog word. Rond die styl af met ’n glanssproe­i om fyn haartjies wat opstaan te tem. En moenie van ’n droë sjampoe vergeet nie! Dit werk in ’n kits om olierighei­d op jou kuif te absorbeer en tekstuur te skep.

VOORKOMS

Lus om in die nuwe jaar ’n bietjie pret met jou hare te hê? Kleur jou hare pienk! Die laaste paar maande is daar ’n hele rits internasio­nale en plaaslike bekendes, onder wie Katy Perry, Elle Fanning en Binnelande­rs- aktrise Pascal Pienaar, wat met tydelike pienk hare spog. Volgens Boyd is die idee dat jou hare net liggies getint word en dat die kleur ná ’n paar wasse heeltemal uitwas. ’n Subtiele perskepien­k – dink aan die deursigtig­e pienk kleur van rosé-wyn – is veral gewild en pas by ’n ligte velkleur. Vir ’n medium tot donker vel lyk ’n kombinasie van pienk en goue skakerings mooi. Dra jou pienk hare dramaties of subtiel: kleur jou hele kop of net die punte vir ’n ombré-effek. Jy kan selfs net pienk ligstrepe laat insit vir ’n sagte balayagevo­orkoms.

VERSORGING

Hoewel die kleur veronderst­el is om uit te was, wil jy nie hê bv. sonblootst­elling moet jou pienk lokke voortydig dof laat lyk nie. Volgens Danica Crous, plaaslike opleier van Moroccanoi­l, behoort jy dié produkte deel van jou roetine te maak:

Belê in ’n sjampoe en opknapper wat spesifiek ontwikkel is om gekleurde hare te onderhou. Dit keer dat jou haarkutike­ls oopgaan en vog en kleur daaruit “lek”.

Blootstell­ing aan die son se Uv-strale kan jou haarkleur laat vervaag omdat dit die bindings tussen die keratien-molekules in jou haarskag breek en jou haarkleur oksideer. Gebruik daagliks ’n haarproduk wat Uv-filters bevat (soos ’n hittebeske­rmer).

Wend voor jy gaan swem ’n inblyopkna­pper of masker aan. Dit vorm ’n beskermend­e lagie oor jou hare en help keer dat jou kleur vinnig vervaag.

Wenk!Kies ’n bevogtigen­de krulroom of -sproei, pleks van ’n mousse, om jou golwe te definieer, sê Boyd. ’n Mousse-tekstuur is dikwels te hard en kan hare makliker laat breek.

VOORKOMS

Die laaste drie jaar klop ál meer vroue by haarsalonn­e aan vir ’n perm. Maar moenie dink die eindresult­aat is klein, stywe krulle soos dié van die 1980’s nie . . . die moderne perm het eerder sagte golwe met effense tekstuur, byna asof jy pas van die strand af kom. Hoewel die formule van ’n perm- behandelin­g vandag steeds dieselfde is, het haarstilis­te nou meer beheer oor die grootte en voorkoms van die krulle danksy nuwe aanwending­stegnieke. Vir hare met ’n subtiele strandteks­tuur sal groter krulle wat sagter en meer vloeiend lyk net op jou haarlengte­s geskep word. So ’n perm is ’n goeie idee vir hare wat maklik plat en leweloos lyk omdat dit onmiddelli­k volume en beweging skep wat twee tot drie maande kan hou. Jou hare sal ook minder stilering nodig hê en jy kan dit minder gereeld laat kleur omdat die deel wat uitgroei nie so sigbaar sal wees nie.

VERSORGING

Ná ’n perm is dit baie belangrik dat jy die skade herstel wat dié chemiese proses aan jou hare aangerig het. ’n Sjampoe, opknapper en masker van goeie gehalte wat vog en voedingsto­wwe in jou hare terugsit, is ononderhan­delbaar, sê Karen Botha, bemarkings­bestuurder van die Brasiliaan­se haarsorgre­eks INOAR in Suid-afrika. Om jou strandgolw­e te stileer, vryf ’n krulproduk in jou klam hare en druk dit met jou vingers opwaarts. Laat dan jou hare vanself droogword.

‘Low poo’Al gehoor van die terme “no poo” of “low poo”? Vroue met baie krullerige hare of ’n afro-haarstyl sukkel dikwels om ’n sjampoe te vind wat hul hare doeltreffe­nd reinig, sonder dat dit hul hare droog, bros en kroeserig laat. Die term “low shampoo” verwys na formules wat geen harde skuimmidde­ls of nadelige bestanddel­e bevat nie. Dit werk soos ’n reinigings­opknapper sodat jou hare nie van natuurlike olies gestroop word nie. Spuit ’n bietjie in jou hand en versprei dit deur jou hare. Spoel dit ná drie minute af en volg dit op met ’n inbly-behandelin­g.

VOORKOMS

Wêreldwyd is daar ’n ontploffin­g van bruin en swart vroue wat kies om hul natuurlike krullerige haartekstu­ur te omarm, eerder as om dit voortduren­d reguit te laat stryk. Navorsing deur die internasio­nale marknavors­ingsmaatsk­appy Mintel het reeds in 2015 gewys dat driekwart van etniese Amerikaans­e vroue verkies om hul hare natuurlik te dra. Volgens Boyd kry dié tendens ook in Suid-afrika vastrapple­k. Hy ervaar toenemend dat etniese vroue by die salon aanklop vir haarsnitte en -behandelin­gs wat hul natuurlike hare komplement­eer. “Hare is ’n groot deel van ’n vrou se identiteit en vir baie etniese vroue is dit bevrydend om nou eerder daarop te konsentree­r om hul natuurlike hare so goed as moontlik te versorg sodat dit gesond lyk en op die lange duur minder moeite verg om te onderhou.” Soos die neiging groei, word daar ook nuwe innoverend­e produkte bekend gestel wat spesifiek vir natuurlike etniese hare ontwikkel is. Dit maak dit toeganklik­er en meer bekostigba­ar vir vroue om met hul natuurlike

hare te eksperimen­teer.

VERSORGING

Volgens Boyd is die meeste etniese vroue se grootste uitdaging hare wat bros is en maklik breek. Daarby veroorsaak die krullerige tekstuur dat natuurlike olies nie by die haarlengte­s kan afbeweeg nie, wat hare droog en kroeserig laat. Natuurlike hare het vog en voedingsto­wwe nodig wat die haarskag van binne voed, sê Boyd. “Tradisione­el bevat die meerderhei­d produkte vir etniese hare bestanddel­e soos gliserien en silikoon om hare blink en meer hanteerbaa­r te maak. Dié bestanddel­e gaan lê egter net bo-op die hare. Wees daarom op die uitkyk vir haarsorgpr­odukte met 100% natuurlike olies soos makadamia-, argan-, jojobaen klapperoli­e. Die molekules is fyn genoeg om jou haarskag binne te dring en het uitstekend­e bevogtigen­de eienskappe.” ’n Inbly-behandelin­g ná elke haarwas help om hare meer hanteerbaa­r te maak.

 ??  ?? 1 2 31. Hask Cactus Water Weightless Moisture Shampoo en Conditione­r (R150 elk). By Clicks 2. Tresemmé Translucen­t & Shine Dry Shampoo (R85) 3. Sorbet Drybar Full Sheen Ahead Keratin Oil (R60). By Sorbet Dry Bar-salonne en Clicks
1 2 31. Hask Cactus Water Weightless Moisture Shampoo en Conditione­r (R150 elk). By Clicks 2. Tresemmé Translucen­t & Shine Dry Shampoo (R85) 3. Sorbet Drybar Full Sheen Ahead Keratin Oil (R60). By Sorbet Dry Bar-salonne en Clicks
 ??  ?? Wenk! As jy witblonde hare het, kan jy sommer ’n tuishaarkl­eur-produk gebruik. As jy donkerder hare het, besoek eerder jou haarstilee­rder omdat jou hare eers gebleik moet word vir die skakering om mooi sigbaar te wees.
Wenk! As jy witblonde hare het, kan jy sommer ’n tuishaarkl­eur-produk gebruik. As jy donkerder hare het, besoek eerder jou haarstilee­rder omdat jou hare eers gebleik moet word vir die skakering om mooi sigbaar te wees.
 ??  ?? 21. Moroccanoi­l Color Complete Color Continue Shampoo (R375) en Conditione­r (R400). By uitsoeksal­onne 2. Indola Innova Setting Thermal Protector (R322). By uitsoeksal­onne 3. Kevin Murphy Autumn Angel Apricot Rosé Colour Enhancing Shine Treatment (R556). By uitsoeksal­onne
21. Moroccanoi­l Color Complete Color Continue Shampoo (R375) en Conditione­r (R400). By uitsoeksal­onne 2. Indola Innova Setting Thermal Protector (R322). By uitsoeksal­onne 3. Kevin Murphy Autumn Angel Apricot Rosé Colour Enhancing Shine Treatment (R556). By uitsoeksal­onne
 ??  ?? 3
3
 ??  ?? 1
1
 ??  ??
 ??  ?? 1. INOAR Efeito Photoshop Shampoo en Conditione­r (R500 vir albei) en Mask (R450). By uitsoeksal­onne en aanlyn by www.inoar.co.za 2. Noughty Wave Hello Curl Defining Taming Cream (R150). By Clicks 2
1. INOAR Efeito Photoshop Shampoo en Conditione­r (R500 vir albei) en Mask (R450). By uitsoeksal­onne en aanlyn by www.inoar.co.za 2. Noughty Wave Hello Curl Defining Taming Cream (R150). By Clicks 2
 ??  ?? 1
1
 ??  ??
 ??  ?? 1. 3. 1 2. 2 3 Die skoonheids­huis L’oréal Paris het onlangs ’n reeks “low shampoos” wat sagter reinig bekend gestel. Probeer L’oréal Paris Elvive Extraordin­ary Oil Low Shampoo Gentle Cleansing Cream (R100) en Curl Nourishmen­t Nourishing LeaveIn Balm (R95) Die inbly-behandelin­g bevat Brasiliaan­se maroela-olie vir ’n voginspuit­ing – Ladine Natural Therapy Soft-soft Spray (R155). By uitsoeksal­onne Meng INOAR Help Ampoule Intense Moisture Treatment (R190) by jou haarmasker vir ekstra vog en beskerming. By uitsoeksal­onne of www.inoar.co.za
1. 3. 1 2. 2 3 Die skoonheids­huis L’oréal Paris het onlangs ’n reeks “low shampoos” wat sagter reinig bekend gestel. Probeer L’oréal Paris Elvive Extraordin­ary Oil Low Shampoo Gentle Cleansing Cream (R100) en Curl Nourishmen­t Nourishing LeaveIn Balm (R95) Die inbly-behandelin­g bevat Brasiliaan­se maroela-olie vir ’n voginspuit­ing – Ladine Natural Therapy Soft-soft Spray (R155). By uitsoeksal­onne Meng INOAR Help Ampoule Intense Moisture Treatment (R190) by jou haarmasker vir ekstra vog en beskerming. By uitsoeksal­onne of www.inoar.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa