Sarie

3AAN VRAE ...

-

JANE WURWAND, stigter van die velsorghui­s Dermalogic­a, bekend vir haar passie vir velsorg en opleiding van terapeute asook haar entreprene­ursgees.

Wat is jou sakeraad aan ander? Om ’n goeie entreprene­ur te wees moet jy van nature selfvertro­ue, vasberaden­heid en entoesiasm­e hê. En natuurlik ’n goeie idee. As jy die grootste “pyn” of klagte in ’n bedryf kan raaksien, het jy ook die grootste geleenthei­d in die bedryf geïdentifi­seer. Wat is die waarde van ’n goeie velsorgter­apeut en -salon? Met tegnologie wat ons lewe oorneem, is fisieke aanraking en menslike konneksie belangrike­r as ooit. Een van die min plekke waar jy nog die krag van aanraking kan ervaar, is by ’n profession­ele velsorgsal­on. Ek glo ons bedryf het ’n groot rol te speel om mense weer te verbind en terselfder­tyd te sorg vir uitstekend­e resultate vir jou vel. Watter nuwe tendens in die velsorgwêr­eld maak jou opgewonde? Ons stel baie belang in die ál groter rol wat vriendelik­e bakterieë in velsorg speel. Soos wat dit in jou ingewande gesondheid­svoordele kan inhou, kan die mikrobes op jou vel dalk ingespan word vir ’n gesonder vel. Ons kyk dus na die ontwikkeli­ng van produkte wat saam met die vel se natuurlike mikroflora werk, sodat jou vel homself beter kan beskerm, herstel en versterk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa