Sarie

GEEN REDIGERING, SÊ DOVE

-

Danksy Dove se Real Beauty Pledge, ’n veldtog waarin dié skoonheids­huis hulle verbind tot die bemagtigin­g van vroue en die viering van ware, unieke skoonheid, verskyn daar nooit modelle in Dove se advertensi­es nie, net gewone vroue soos hulle in die regte lewe lyk. Nou word dié verbinteni­s verder gevat met die bekendstel­ling van hul No Digital Distortion Mark. Voortaan sal ’n spesiaal ontwerpte simbool op alle Dove-advertensi­es wys dat die foto’s geensins digitaal geredigeer is nie. Só wil die skoonheids­huis vroue in staat stel om te kan onderskei tussen onrealisti­ese skoonheids­tandaarde en alledaagse vroue wat hul natuurlike skoonheid vier, luidens ’n mediaverkl­aring.

 ??  ??
 ??  ?? MONICA HOU VAN
MONICA HOU VAN

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa