Sarie

SOMERVARS

-

Lemoen is heerlik in byna alles, veral in dié klassieke Mai Tai-koek met lemoen en rum, wat herinner aan die ontspanne leefstyl van die Polinesies­e eilande soos Hawaii en Samoa. Vat sommer kortpad met gekoopte sponskoeke. genoeg vir 1 koek

Kook 200 ml water, 100 ml wit rum, 125 g suiker en sap en skil van 3 lemoene vir 5 minute of tot stroop met ⅓ verminder het. Klits 230 g (250 ml) sagte botter en 250 ml roomkaas saam in bak van elektriese menger tot

lig en romerig. Voeg 130 g (250 ml) versiersui­ker en gerasperde skil van 2 lemoene by. Klits goed. Halveer twee vanieljesp­onskoeke van 15 x 10 cm

sodat jy vier lae het. Plaas eerste laag op bord en sprinkel ¼ van stroop oor koek. Smeer nou ¼ van versiersel oor. Plaas tweede laag bo-op en doen dieselfde. Herhaal met res van die lae. Skep laaste ¼ van versiersel in ’n spuitsak met ’n stertuit en spuit rosette op die koek. Rasper ekstra lemoenskil oor en sit voor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa