Sarie

BIO-IDENTIES, WAT?

-

Die volgende is ’n strydpunt tussen meer konvension­ele medici en mediese dokters wat fokus op ’n interaktie­we (’n mengsel van Westerse medisyne en minder konvension­ele behandelin­gs) en

funksionel­e benadering (soek die onderligge­nde oorsaak van ’n kwaal) tot hormoonver­steurings en teenveroud­ering. “Bio-identies”: Hormone wat sinteties van plantprodu­kte in ’n laboratori­um gemaak word en dieselfde molekulêre struktuur as jou liggaam het. Dieselfde plantbronn­e (soos soja en jamswortel) word soortgelyk verwerk vir sommige van die hoofstroom-hormoonter­apie (HT). Dis dus ook “bioidentie­s”. Moenie “bio-identies” verwar met planthormo­ne of fitoestrog­een wat in die natuur voorkom nie. Hoofstroom-ht word deur die Medisynebe­heerraad goedgekeur en verpak as standaard-dosis formulerin­gs (tablet, jel, ens.). Bio-identies saamgestel­de hormone, daarenteen, word volgens jou individuel­e behoeftes deur ’n apteker gemeng. Dis beskikbaar in pilvorm, ’n room of inplanting onder jou vel. En dieselfde skedule as hoofstroom-hormone – jy het dus ’n doktersvoo­rskrif nodig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa