Sarie

DIE SON MAAK JOU MÓÉG

-

Jy gee jouself aan die ledigheid oor, tog voel jy ná ’n dag in die son só tam. Veral op ’n warm dag werk jou liggaam oortyd om jou liggaamste­mperatuur by die gemiddelde 37 °C te hou. Jy sweet dus meer en dit vereis meer energie. Nog ’n rede is bloot dehidrasie. As jy boonop sonbrand kry, werk jou liggaam nog harder om die temperatuu­r te reguleer en gehidreer te bly. Maar onthou, daar is ’n verskil tussen tamheid ná ’n dag in die son en hitte-uitputting. Simptome is dan onder meer erge sweet, ’n vinnige pols en tamheid saam met slaperighe­id. (Sien ook bl. 133 vir simptome van dehidrasie.) Bron: refinery29.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa