Sarie

ONS PAKLYSIE VIR ’N JAAR

As asemrowend­e uitsigte jou voete kielie, kom stap saam met Venture Beyond en geniet die harmonie tussen liggaam en siel wat die natuurskoo­n aan die Tuinroete bied

-

Maksimum 3 paar skoene (tekkies, sandale, visplakkie­s vir stort en op strande) Klere vir 5 dae en een ligte warm baadjie; afzip-broeke is ’n moet Ekstra kontaklens­e en ’n bril Swembroek en goeie sonbrandro­om Basiese medisyne (veral vir ongestelde maag) ’n Aeropress-koffiemake­r as jy ook ’n koffie-aanbidder is (’n watersuiwe­ringstoest­el is nie nodig nie) Skaf ’n Kindle aan – só kon ons elektronie­s die boekwurm bly voed Sorg dat jou bank weet jy gaan op reis en dat buitelands­e transaksie­s kan verskyn Sorg dat jy die jongste selfoon-apps afgelaai het. In China word Google nie toegelaat nie, so sorg vir gewysigde aanlyn kaarte. ’n Plaasverva­nger vir Whatsapp is Wechat.

Isjou stewels gemaak om te stap? Laat dit jou dan reguit na die Tuinroete neem, waar Venture Beyond op Plettenber­gbaai se staptoere jou die geleenthei­d bied om die natuurskoo­n en diereryk te beleef.

Op die toer van vier nagte en vyf dae het jy ’n keuse uit een van twee verblyfops­ies: die glamping- manier (’n gerieflike manier van kampeer), of verblyf in die vierster-bitou River Lodge, van waar jy vier van die toproetes aan dié kus kan stap: Keurbooms na Nature’s Valley, die dagroete in die Diepwalle-woud, Kalanderkl­oof in Nature’s Valley en die Robberg Skiereilan­d-roete.

Met die uitsigte, vars lug, piekniek op die strand en swempoele wat vir jou wag, waarborg die kort toer padkos vir die siel en net die energie wat jy nodig het om jou batterye te herlaai!

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa