Sarie

5 gelukkige Sarie-lesers kan elk die boek ’n Tuin vir Tessa deur Helena Hugo (Lux Verbi, R195) wen.

-

Ná ’n wrede aanval verkoop Altus en Tessa Heyns die familiepla­as en trek stad toe. Aanvanklik gaan dit goed, maar die een ramp ná die ander tref Altus se besigheid en dit word onder sekwestras­ie geplaas. Van dit alles weet Tessa niks. Uiteindeli­k word alles vir hom te veel en Altus speel oop kaarte met haar. Die karre, die huis en die inhoud daarvan moet alles opgeveil word om hom uit die tronk te hou.

Dan knak Altus en Tessa en die seuns staan alleen. Haar beste vriendin Elaine en dié se vervreemde man staan hulle by. As troos bring sy ook die dominee saam. Toe die gemeente betrokke raak, stroom hulp van alle kant af in. Dit lyk of alles miskien kan uitwerk, maar Tessa kry die skok van haar lewe toe sy teruggaan om vir oulaas deur haar huis te loop.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa