Sarie

Máire Fisher oor haar roman, The Enumeratio­ns (Umuzi, R280)

- Lees die volledige onderhoude op SARIE.COM

Hoe het jy besluit watter eienskappe van obsessief-kompulsiew­e steuring (OKS) jy vir jou hoofkarakt­er, Noah, gaan gee?

Van die begin af het ek geweet hy is iemand wat alles tel en balanseer. Ek het geweldig baie daaroor opgelees. Een van die lesersvers­lae het gesê dat hy nie vir hulle obsessief-kompulsief genoeg is nie, omdat hy nie konstant sy hande was nie. Maar dis juis die ding, hierdie obsessiewe gedrag manifestee­r op verskillen­de maniere, nie net een nie. Ek het seker gemaak dat die rede vir Noah se gedrag deur die storie gerugsteun word, sodat lesers kan sien waar dit vandaan kom en waarom hy is soos hy is. Ná die eerste weergawe van die manuskrip het ’n vriend my in aanraking gebring met prof. Dan Stein van die Universite­it van Kaapstad. Hy was so gaaf om die manuskrip te lees om te verseker dat ek die feite rondom Noah se gedrag korrek weergee. Ek wou seker maak ek is respekvol teenoor almal wat die een of ander vorm van obsessiewe gedrag openbaar, asook die mense om hulle.

Die siekte het ernstige implikasie­s vir mense wat daaraan ly. Dink jy gewone mense verstaan dit?

Ek het ’n fantasties­e Bbc-dokumentêr, A Monster in my Mind, gesien. Dit het gehandel oor mense wat nie in ’n kombuis kan ingaan nie omdat hulle bang is hulle word besmet. Hulle het vir ure aaneen nie geëet nie omdat hulle nie elke stap van hul “reëls” uitgevoer het nie. Dis soos ’n tronk wat in hul brein ingebou is en hulle is toegesluit daarbinne. Mense gebruik die term OKS baie ligtelik, sonder om werklik daaroor te besin.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa