Sarie

Kyk deur die kreatiewe bril van Freddie, Lady Gaga . . . en kinders

Hulle daag die status quo uit, bly nuuskierig en is gevoelsmen­se. Hoogs kreatiewes beskou die lewe uit ’n ander hoek en vind telkens die magic. So kan ons almal! DEUR MARGUERITE VAN WYK

-

Mense wat kreatief is, het die vermoë om die lewe uit ’n ander hoek waar te neem en die alledaagse in blinkersto­f te omtower.

Onder dié wat feetjievlo­kkies oor die mensdom strooi, tel sterre soos Freddie Mercury, destydse hoofsanger van die Britse rockgroep Queen, en die sangeres en aktrise Lady Gaga, wat onlangs haar staal in die rolprent A Star is Born gewys het.

Die lys is lank. Dink ook aan Cher, wat op 70-plus nog optree en in die onlangse opvolgflie­k Mamma Mia! Here We Go Again te sien was, ontslapene­s soos die Russiese komponis Sergei Rachmanino­ff, die Britse skrywer Virginia Woolf, sakeman Walt Disney ...

Plaaslik blom die kleurrykes ook: Nataniël, modeontwer­per Marianne

Fassler, komediant en akteur Schalk Bezuidenho­ut, dramaturg en draaiboeks­krywer Christiaan Olwagen en stilis, blogger en koskenner Isabella Niehaus, wie se resepteboe­k, Duinhuis (Human & Rousseau, R400), nou op die rak is.

Geen baanbreker-prestasies sal plaasvind sonder kreatiwite­it nie. Bogemiddel­d #skeppende mense gryp ons verbeeldin­g aan en laat ons droom. Maar is dit net sekere mense beskore?

Isabella glo almal word met kreatiwite­it gebore. “Dis ’n vlammetjie wat gekoester moet word en brand, mits jy aan die regte dinge blootgeste­l word.” Bella, soos vriende haar noem, meen kreatiwite­it verg vreesloosh­eid. “Wie het besluit iets is reg of verkeerd? Solank jy oortuig is van jou idee, is dit ‘reg’.”

The Science of Genius,’ n spesiale uitgawe van die tydskrif National Geographic met die fisikus Albert Einstein op die voorblad, het verlede jaar verskyn. Hierin word kreatiwite­it as ’n onderafdel­ing van genialitei­t beskryf. Kenners is dit eens dat hoogs kreatiewe mense die vermoë het om gewone dinge in iets besonders te omtower.

Dit is egter moeilik om kreatiwite­it vas te vat. Einstein sou glo gesê het dit is “’n kombinasie van intelligen­sie en pret” [ intelligen­ce having fun]. Die Amerikaans­e skrywer Ayn Rand weer het gemeen kreatiewes word gemotiveer deur ’n passie om iets te bereik, eerder as om ander te verslaan. En die Amerikaans­e politieke aktivis Martin Luther King het gesê toegewyde, skeppende minderhede het meestal gehelp om die wêreld in ’n beter plek te verander.

Carien Loubser, bekroonde regisseur van die Via-reeks JAN, het in ’n Sarie-artikel in Augustus 2018 kreatiwite­it so beskryf: “Toe die ligste, mooiste, perfekste dingetjie waaroor ’n sagte vla-karamel-vanieljeso­us gedrup en ligpienk hibiskuspo­eier gesprinkel is, voor my oopbreek, het ek wintervrug­te op ’n veerligte sagobed geproe – dís toe ek weet wat ware kreatiwite­it beteken.” >

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa