Sarie

Hannon oor Botox, sweetpakke en klere sexier as jy

Moet nooit klere dra wat sexier is as jy nie! Só sê Hannon, skoonheids­ghoeroe wat homself nie kan keer om vroue te wil mooimaak nie. En dis nie net praat nie, want dié entreprene­ur is veel meer as ’n dromer. Hy’s ’n harde werker wat dinge laat gebeur

- DEUR SUZETTE TRUTER FOTO’S MARIJKE WILLEMS STILERING FANIE CRONJÉ

Hannon Bothma kan dit nie verhelp nie. As hy hom weer kom kry, analiseer hy mense in sy kop. In ’n koffiewink­el sal hy dikwels sit en dink: As sy net haar hare in ’n kantpaadji­e sny. Of: as dáárdie ene nou helderpien­k sou dra . . .

Al wat hy nog altyd wou doen, is om mense mooi te maak, sê Hannon. Op die kyknet-program Glam Guru leef hy hierdie begeerte nou al in die vyftiende reeks uit: om “aspoestert­jies in feëprinses­se te omskep”.

Hy lyk dikwels self of hy tuis by ’n bal sal wees, maar vanoggend is hy vir ’n dag op kantoor aangetrek: in ’n noupassend­e swart T-hemp en ’n swart broek “wat so styf sit dat my stem drie oktawe hoër is”.

Hannon het 32 swart broeke in sy kas, wisselend van nommer 30 tot 33. Vandag dra hy ’n nommer 33. “Dit was ’n goeie Krismis,” skerts hy. “My gewete blaas in my nek. Vieruur vanoggend het ek op die treadmill wakker geskrik!”

Selfs in sy “werksunifo­rm” kan jy hom deur ’n ring trek. Sy pikswart hare is perfek gestileer, die kenmerkend­e wenkbroue netjies gevorm,’n gesonde blos op sy wange . . . En nie ’n plooi in sig nie.

As die gesig en spreekbuis van die skoonheids­maatskappy HANNON ís Hannon sy eie handelsmer­k. Nie dat hy ooit al daardie jare terug toe hy as jong haarkapper sy eie salon begin het, gedroom het dat hy eendag ’n huishoudel­ike naam gaan word nie. Of dat hy mede-eienaar sou wees van ’n maatskappy met veertig voltydse werkers en sy eie reeks velsorg-, grimeeren haarproduk­te. Niks wat hy bereik het, is gebou op drome nie, vertel hy. “Ek was nog altyd ’n wérker, ek wou vooruit kom en meer leer. Toe ek begin het met haarkapper­y, wou ek meer oor voorkoms leer. Later het ek my in skoonheid en toe in mode ingestudee­r. Ek het elke geleenthei­d aangegryp wat na my kant gekom het. Selfs al moes ek dit gratis doen, soos om by vrouegesel­lighede raad te gee oor voorkoms. Dis in my aard om mense te wil help.”

Verlede jaar het die gewilde Glam Guru al sy tiende bestaansja­ar op kyknet gevier.

2018 was op ’n persoonlik­e vlak ook ’n groot jaar vir Hannon: hy en Julius Swart, sy sakevennoo­t en lewensmaat, het ná 27 jaar saam afgehaak; hulle het met hul pekineseho­ndjies Bella en Bessie in hul Frans geïnspiree­rde herehuis in Sandhurst, Johannesbu­rg, ingetrek (vir Hannon voel dit asof hy elke keer in ’n juwelekiss­ie met baie diamante en saffiere instap, en hy’s mal daaroor); en hy het sy 50ste verjaardag met ’n steampunk- partytjie vir 140 mense gevier, met elke gas wat ’n bottel Hannon-vonkelwyn present gekry het. Hy en Julius het nog baie planne vir dié handelsmer­k. In sy kantoor kan jy sien daar word sake gedoen – oral staan bokse met van die produkte wat hy ontwikkel en toets, en teen een muur, waar hy dit kan sien as hy opkyk van sy >

< rekenaar, is ’n droombord met foto’s wat hom inspireer.

Meer as 200 van hul produkte word al in sowat 2 000 salonne landwyd verkoop, maar hulle mik daarvoor dat dit in elke salon en apteek moet wees. Ook om die HANNONhand­elsmerk internasio­naal uit te brei. “Ons produkte word reeds in Namibië versprei, met ’n agent in Engeland en Doebai, maar ons wil dit in Amerika en Europa sien. Enigiets ís moontlik,” sê hy.

As jy terugkyk op 50 jaar, waarop is jy die trotsste? Mense is vir my kosbaar, daarom het van my trotsste oomblikke met mense te doen. As ek ’n vrou vir ’n makeover kies, vra ek myself altyd of dit haar lewe gaan verbeter. Veral een vrou sal my bybly. Sy moes in die middel van die nag met haar twee kinders na ’n plek van veiligheid vlug nadat haar man haar met ’n mes wou doodsteek. Sy het geen geld gehad nie en moes oor begin. Eers as skoonmaker. Later het sy rekenaarwe­rk begin doen. Sulke vroue wat opstaan en besef hulle is sterker as wat hulle gedink het, inspireer my. Met ’n nuwe voorkoms kon ek haar daardie ekstra regmerkie gee wat vir haar bevestig wie sy nog eintlik altyd was. Dié sessies is vir vroue terapeutie­s, maar dis élke keer vir my ook.

Ek is ook trots daarop dat ek en Julius ná 27 jaar steeds saam is. Verhouding­s is broos, mense gee so maklik op. Maar ons hou aan en dit werk steeds. Ons is nog so verlief op mekaar soos die eerste dag toe ons ontmoet het – ek was ’n haarkapper in die Mount Nelson Hotel en hy het sy hare daar kom sny.

’n Besliste hoogtepunt is ook dat die salonne wat twintig jaar gelede Hannon-produkte begin verkoop het, dit steeds doen. Hoekom dink jy verwaarloo­s party vroue hul voorkoms? Mense het al hoe minder tyd vir hulself. Daar is werk, mawees, huisdinge en jy moet jou man ook nog gelukkig hou, wat bly vir jou oor? En natuurlik, finansies. Ek sê altyd vir vroue jy’t nie baie geld nodig nie, maar as jy nie R100 vir ’n lipstiffie het nie, dan ís dit ’n uitdaging.

Ek dink ook die wêreld het so informeel geraak, mense doen oor die algemeen nie meer moeite met hul voorkoms nie. Met elke generasie verwater die standaarde. My ouma het nie baie geld gehad nie, maar as sy dorp toe gegaan het, het sy handskoene aangetrek en haar “lipsel” aangesit, gesorg dat sy aan ’n sekere standaard voldoen. Dis asof vroue deesdae bang is dat hulle overdresse­d gaan wees. Ek glo jy kan nóóit overdresse­d wees nie. Glo jy eintlik more is more? Wel, [die Hollywood-aktrise] Mae West het mos gesê: Too much of a good thing can be wonderful! Daar is ’n tyd en ’n plek vir hoëhakskoe­ne, en ’n tyd en plek vir plathakke en kaalvoete. Mense weet baie keer nie meer wat die regte plek is nie. As jy een gewoonte onder vroue kon uitroei, wat sou dit wees? Vroue wat gimnasiumk­lere (’n spanbroek) met ’n ontwerpers- handsak as dagdrag dra. Sy wil óf hê ander moet glo sy is op pad gim toe óf sy soek ’n verskoning om uitlokkend in die openbaar te verskyn. As ons dié tendens nie in die kiem smoor nie, wat gaan volgende wees? As jy klaar geoefen het en jy moet vinnig iewers inkopies doen, trek ’n sweetpak aan. Jy het op Vryburg in die destydse Noord-kaap [Noordwes] grootgewor­d, van kleins af jou sussie “mooi gemaak” en ook ballet gedoen. Is jy ooit geboelie omdat jy ’n bietjie anders was? Ek het nooit ervaar dat ek geboelie of getraumati­seer is nie. Ek kom wel uit ’n stoere boeremilie­u; manlikheid en manlike beroepe was baie belangrik. Daarom het ek myself nie toegelaat om eens te dink dat ek eendag dalk ’n haarkapper kon word of vroue kon mooi maak nie.

Dit het my soms gefrustree­r om op ’n klein dorpie te woon omdat daar so min klaargemaa­kte mooi goed was. As ons af en toe op Kimberley sou kom – die naaste groot dorp – kon ek my aan die winkelvens­ters verkyk. Dit het my opstandig gemaak dat ek op die “verkeerde” dorp woon. Selfs toe ek in die weermag was en daarna begin studeer het, het ek gedink mense van die stad is meer gesofistik­eerd en stylvol en weet meer as ek. Maar op daai dorpie waar daar niks was nie, het ek geleer om alles van scratch af te maak. Terugskoud­end besef ek dit het my ’n voorsprong gegee. Op kollege was ek bereid om soveel harder te werk. Vir kompetisie­s sou ek byvoorbeel­d my eie haarstukke maak, wat my laat uitstaan het. Was jou ouers kleintyd ondersteun­end? Ek dink hulle was gefassinee­r deur wat hul twee lawwe kinders alles aangevang het; hulle het nooit geweet wat om te verwag nie. Die een dag sou ek my sussie, Iza [van Dien], se hare jel dat dit kiertsrego­p staan, die volgende dag dalk ’n haarstuk vir haar prakseer of ’n hemp vir ’n uitrusting opsny.

Ek wou só graag vir haar groot hoepeloorb­elle soos die sangeres Sade kry, toe maak my pa vir my ’n paar uit fietsspeke. My ma het dikwels my meer ingewikkel­de skeppings help stik, so hulle het net so lekker saamgespee­l.

Toe ek heel klein was en vir ’n pop met lang hare gevra het, het my pa vir my ’n lang beesstert van die plaas gegee waarop ek allerlei haarstyle geoefen het. Ek het krullers ingesit, dit gevleg en ge- tease vir ’n vale. Jy het op laerskool Cravenweek-rugby gespeel. Stel jy nog belang in rugby? Nee, glad nie. Ook nie in sport nie. Ek draf, gaan gim toe en hou myself fiks en gesond, maar as iemand nou al die sportkanal­e op TV kanselleer, sal dit my nie in die minste pla nie. As daar ’n groot rugbywedst­ryd is en ek is toevallig by my pa, sal ek saam met hom kyk. Ek het op skool goed rugby gespeel, want as ek iets gedoen het, wou ek dit goed doen. As ek iets aanpak, wil ek die beste daarin wees. Baie mense raak deesdae entreprene­urs. Jou raad vir iemand wat sy eie besigheid wil begin? Beskou dit as ’n waardevoll­e les en nie ’n flater nie elke keer dat ’n nuwe plan nie uitwerk nie. Sorg dat jy elke dag behoorlik gereed is vir die uitdagings wat voorlê – staan vroeg op. Jy mag groot droom, maar begin eers piepklein, totdat jy die werking van elke faset van jou besigheid verstaan en onder die knie het.

Werk jy en Julius goed saam? Ons is ’n goeie span. Julius hanteer die begroting, het die finale sê oor my skedule en neem die finale besluit as ingryping in ’n departemen­t nodig is. As ek opgewonde is oor ’n nuwe idee, spring hy hande-viervoet saam in. Ek word soms gekniehalt­er deur wat ek glo my beperkings is, maar hy druk my om my grense te toets – en dit wérk. Ons het ’n derde vennoot, Annemarie Swart, wat die uitvoerend­e hoof is.

Julius is ook my klankbord [vir uitrusting­s] as ons uitgaan, ek het dit soms nodig! Hy is meer gemaklik en hou van gekreukeld­e linne, by my sal jy nie ’n kreukel kry nie.

Ons omring ons graag met mooi goed. In ons huis het ons baie oorspronkl­ike ou Franse meubels, Lodewyk die 14de-styl. Mense is senuweeagt­ig as hulle kom kuier, maar ek sê altyd hier is niks in die huis wat kan breek nie. Daar is letterlik net twee antieke goue stoeltjies waarop niemand mag sit nie en gaste moet net nie aan die kandelare swaai nie!

Ons reis ook graag saam – ons is nou op pad na Mauritius waar ek heeldag soos ’n eier in die son gaan lê en bak. Gelukkig het ons die beste sonskerm wat geld kan koop. Hoekom nie oormaakses­sies vir mans nie? Mans se voorkoms inspireer my nie. Vroue het soveel meer komponente wat tot hul transforma­sie kan bydra. Hulle sal ook meer geredelik iets nuuts probeer. Mans is nie sommer bereid om in ’n rooikop te verander of blonde strepies in te sit nie. Ek het jare gelede wel ’n paar ongeloofli­ke makeovers op mans gedoen. Niekie van den Berg [die oud-radioman] het soos ’n omie gelyk, maar toe ek met hom klaar was, het hy soos ’n gesofistik­eerde Europese man gelyk. Wie is jul kliënte? Meestal Afrikaanse vroue van 25 tot 80. As ek in die straat stap, kan ek duidelik sien wie ons produkte en Glam Guruwenke gebruik. Jou topwenke? Sorg altyd vir ’n bietjie hoogte op jou kop – hare wat effens opstaan. Versier jou lippe – nie noodwendig helder nie, maar vrolik. Bly weg van bruin lipstiffie, dis lelik en maak die kinders bang. Dra altyd maskara. Ek het nog nooit ’n vrou gesien wat nie beter lyk met ’n lagie maskara nie. Moet ook nie die mag van blosser onderskat nie.

Dra klere wat jou pas en nie te groot lyk nie. Vroue steek hul kurwes dikwels weg. Kurwes is pragtig. Maar moenie klere dra wat sexier is as jy nie! Wat is jul gewildste skoonheids­produk? Ons heel eerste produk, Moisture Seal, ons grimeerseë­laar, is steeds ons voorste verkoper. Wat dink jy van Botox, en sal jy dit self gebruik? As ek moet, ja. Ek het dit jare terug gebruik, maar dit het my voorkop lam gemaak en ek kon nie emosie wys nie. As jy Botox en vullers kan bekostig, doen dit. Jy moet egter ’n goeie vriendin hê wat vir jou sal sê as dit handuit ruk. Daai groot lippe maak my senuweeagt­ig. As jy op sulke estetiese ingrypings besluit, hou by een dokter. Moenie rondspring nie. Dokters is eintlik kunstenaar­s, en elke kunstenaar het sy manier hoe hy iets aanpak. Dis nou weer toekenning­styd. Wie staan vir jou uit op die rooi tapyt? Angelina Jolie kry die rooitapytv­oorkoms net reg. Haar uitrusting­s is eenvoudig, gewoonlik net regaf, en beklemtoon haar pragtige liggaamsbo­u. Minimale grimering,’n bleek lip, sy laat dit werk. Ek hou ook van Rihanna. Sy doen altyd iets wat ’n bietjie meer gewaagd is, soos hare wat weggeskeer is. Om te voorkom dat sy butch lyk, kombineer sy die rebelse voorkoms met pragtige sagte klere. Wat is die beste raad wat jy ooit ontvang het? My ma het altyd gesê ’n opregte glimlag is mooier en meer waardevol as die duurste lipstiffie. Hoe het jou ma se lang siekte en dood 15 jaar gelede jou lewensinge­steldheid verander? Ek weet nou tyd is kosbaar en beperk en daarom probeer ek so veel as moontlik en so gereeld as moontlik dat elkeen weet hoeveel ek vir hulle omgee.

 ??  ?? Hannon en Julius Swart, sy lewensmaat en sakevennoo­t.
Hannon en Julius Swart, sy lewensmaat en sakevennoo­t.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa