Sarie

Demi-leigh se gróót jaar in New York en nou ’n droomtroue

. . . en nou ’n droomtroue

-

SSY hhet gedinkdik om iin Ddesemberb 2017 as Mej. Heelal gekroon te word was ’n absolute hoogtepunt in haar lewe, maar nadat daardie kroon op DemiLeigh Nel-peters se kop gesit is, was daar net meer en beter oomblikke.

“Die vorige Mej. Heelal [Iris Mittenaere van Frankryk] het vir my gesê die jaar gaan vreeslik vinnig omgaan, en dit het ook. Ek het probeer om in die oomblik te leef en dit net te geniet, maar het ’n punt daarvan gemaak om gereeld dagboekins­krywings te doen omdat alles net só vinnig gebeur het. Nou lees ek lekker daaraan en kan ek alles uiteindeli­k rustig herleef,” vertel Demi-leigh in ’n Whatsapp-oproep vanuit Los Angeles, waar sy met vakansie was ná haar warrelwind-jaar.

Nadat sy die kroon in Desember 2018 aan haar opvolger oorhandig het, was daar selfs méér opwinding in Demi-leigh se lewe. Eers is sy ’n modelkontr­ak by ’n internasio­nale agentskap in New York aangebied, en toe, vroeg in Januarie, het haar sportheld-kêrel haar die jawoord gevra met ’n 7.25 karaat-diamantrin­g.

Tim Tebow (31), bofbalspel­er vir die New York Mets, het haar familie en drie goeie vriende vanuit SuidAfrika oorgevlieg na sy familiepla­as in Florida in die VSA as deel van die verrassing.

Werner Wessels, haar mentor in die aanloop tot Mej. Suid-afrika en Mej. Heelal, was een van dié vriende. “Hulle twee is regtig perfek vir mekaar,” sê Werner. “Daar was ’n groot rustigheid en tevredenhe­id tussen hulle nadat hulle verloof geraak het. Dit was ’n ongeloofli­ke tyd vir ons almal en Tim se familie is ook wonderlike mense. Ek sien uit dat ons hul liefde by die troue vier!”

Werner was ook daar toe DemiLeigh haar Mej. Heelal-kroon in Bangkok, Thailand, aan Mej. Filippyne, Catriona Gray, oorhandig het.

Dit was so amper-amper of sy het die kroon op Mej. Suid-afrika 2018, Tamaryn Green, se kop gesit. Tamaryn en Catriona het bewerig hande vasgehou en gewag op die aankondigi­ng, en toe word Tamaryn as eerste prinses gekroon.

“Ek het só gehoop Tamaryn wen!” sê Demi-leigh. “Ons sou geskiedeni­s gemaak het as twee Mejj. SA in ’n ry sou wen, en ek wou natuurlik graag die titel aan my landgenoot oorgee. Sy was indrukwekk­end en het die land so goed verteenwoo­rdig, sy het my regtig baie trots gemaak. Maar ek is ook opgewonde vir Catriona, en ek hoop ek en sy sal vriendinne wees.”

Om die kroon op iemand anders se kop te sit was ’n bittersoet oomblik, sê sy. “Dit was beslis ’n antiklimak­s, maar ek het myself eintlik al teen die middel van die jaar daarop begin voorberei sodat dit my nie te hard tref nie. As jou jaar eindig, is jy regtig dadelik net op jou eie – jy moet trek uit die fantasties­e New York-woonstel met sy uitsig oor Central Park wat die jaar vir jou gegee is, en dis dit. Maar daar was ook aspekte waarna ek begin uitsien het, soos om juis my eie woonstel te kan soek waar ek langer sal kan bly, en om my eie dagboek te kan beplan. Dis ongeloofli­k om byna 20 internasio­nale reise in die jaar te kon meemaak, maar dis ook baie uitputtend! Dis nie volhoubaar nie en teen die einde begin jy tog daarna uitsien om jou tas uit te pak en so te los.”

Ná haar kroning is sy dadelik SuidAfrika toe om vir haar “vier ouers”, soos sy met ’n groot glimlag gewoonlik na hulle verwys, te gaan kuier – dis nou haar pa en stiefma, Bennie en Elzabé Peters, en ma en stiefpa, Anne-mari en Johan Steenkamp. “Ek weet, ek weet, mense dink ek’s

weird, maar ek sien dit regtig so! My ouers is geskei toe ek baie klein was, en ek sien regtig al vier as my ouers. Ek spot ook altyd dis hoekom ek gewen het – want ek het vier ouers se ondersteun­ing gehad.

“Ons het byna daagliks gesels die afgelope jaar. Ek het drie keer kans gehad om vinnig vir hulle in SuidAfrika te gaan kuier en hulle het ook een keer vir my in New York kom kuier, maar ek het hulle steeds gemis. >

< “Hulle, my halfsus Franje, my hondjie Benji, en regte braaivleis – die Amerikaner­s se barbecues kom regtig nie naby nie!”

Haar trotsste oomblik die afgelope jaar was juis haar eerste besoek aan Suid-afrika in Januarie verlede jaar. “Toe ek daar deur OR Tambo se deure stap, was daardie hele aankomsaal vol mense wat my verwelkom. Ek het dit glad nie verwag nie en kon dit skaars glo! Mense het vlae gewaai, my vriende en familie was daar, my ma het selfs vir Benji saamgebrin­g.”

En haar liefdadigh­eidswerk, hoewel dit ’n internasio­nale aanslag gekry het ná haar kroning, was steeds grootliks op haar vaderland gemik. Sy het die veldtog #Unbreakabl­e in 2017 begin nadat sy van gewapende kapers weggekom het. Jy kan jou nie indink dat Demi-leigh, met haar perdebymid­deltjie en Disney-prinses-oë, een van die kapers in die keel kon slaan nie, maar sy hét – en dit het haar lewe gered, glo sy.

“Dis ironies dat daardie traumaties­e aand toe een van my grootste dryfvere geword het. Ek het gelukkig so drie maande voor die voorval ’n selfverded­igingskurs­us bygewoon en geweet wat om te doen. Nadat dit in die nuus was [sy was toe reeds as Mej. SA gekroon], het vroue my gekontak om te vra waar hulle ook so ’n kursus kan doen. Dié dat ek besluit het om te help.”

Nou het Demi-leigh al verskeie selfverded­iging- en bemagtigin­gskursusse in Suid-afrika, Mexiko, Indonesië en die VSA aangebied, en beplan om die veldtog vol te hou.

Werner is nie verbaas dat só iets haar fokus geword het nie. “Demi het ’n absolute kanniedood-houding en ek dink dis wat mense na haar toe aantrek – haar bereidwill­igheid om te leer en te groei en om ander te help om dieselfde te doen. Vir haar is niks ooit te veel gevra of te oorweldige­nd nie, sy sien die positiewe in enigiets raak, en sy skrik nie vir ’n uitdaging nie – sy’s hardkoppig op die beste manier.”

Dis dié karaktertr­ekke wat gemaak het dat Werner reeds vir Demi-leigh as 16-jarige gesê het sy gaan eendag Mej. SA wees. “Ek het haar destyds as jong model by ’n fotosessie raakgesien en ons het gekliek en nooit kontak verloor nie. Toe die tyd kom om vir die kompetisie voor te berei, het ons so ’n jaar en half voor die tyd al begin saamwerk.”

Dié proses behels dat ’n deelnemer leer hoe om voor ’n gehoor te praat, om haarself beter uit te druk, om haar selfvertro­ue te bou, en om te leer hoe om haar hare en grimering soos ’n skoonheids­koningin te dra. “Dis ’n lang proses, mense besef dit nie. Dis vir my ’n groot eer om te weet ek het ’n klein aandeel gehad in die vrou wat sy vandag is. En ons het ook al die lekkerste tye saam gehad. As Demi lag, loop die trane soms asof sy snot en trane huil. Dan lag ek ook net meer!”

Duidelik het sy nog nie daai platteland­se onskuld in die groot stad verloor nie – dié meisie van Sedgefield in die Suid-kaap.

Ná skool het sy ondernemin­gsbestuur aan die Universite­it van Potchefstr­oom gaan studeer en sy beplan om nou dié graad te begin inspan, vertel sy. >

Demi het ’n absolute kanniedood­houding en dis wat mense na haar toe aantrek Werner Wessels, Mej. Sa-stilis en goeie vriend

< “Kyk, dis opwindend om ’n model te wees en te reis, maar ek wil eerder ’n sakevrou as ’n model wees – ek hoop om eendag my eie klere- of skoenreeks bekend te stel. Intussen het my graad my baie gehelp as Mej. Heelal, want jy is eintlik jou eie ondernemin­g as jy die titel wen. Dis ’n groot korporasie wat jou ondersteun, maar dis jou werk om geld in te samel, borge vir jou projekte vas te maak, en jou naam te bou.”

Maar die moeilikste deel, sê sy, was die klein aanpassing­s in die begin. “Dingetjies soos om ’n bankrekeni­ng in ’n nuwe land oop te maak, om mediese versekerin­g te kry, en mense se aksente te verstaan en jouself ook verstaanba­ar te maak. Ek sou byvoorbeel­d robot [ traffic light in die VSA] en pram [ stroller] sê, dan het mense geen idee waarvan ek praat nie en ek weet ook nie wat húlle die ding noem nie.

“En die koue! Ek het nog nooit in my lewe so koud gekry soos tydens die New Yorkse winter, toe ek net daar aangekom het, nie. Ek het drie dunnerige jasse gehad, want wat weet Suid-afrikaners nou van winter?”

Maar sy het dit tog alles gewoond geraak, en gou lief geword vir “New York en die Amerikaner­s wat van ‘ wahder’ eerder as ‘ water’ praat”.

“Dis ’n baie lekker stad, alles wat jy nodig het is altyd binne ’n blok-radius van jou af. Maar ek is bly ek het nie so hard geword soos hulle soms kan wees nie. Ek dink ek het ’n paar mense hopelik geleer om soms te ontspan en in die oomblik te leef, eerder as net te jaag na die volgende ding.”

Die groot aantrekkin­g van New York is natuurlik ook dat Tim daar woon – minstens sedert April verlede jaar toe hulle ontmoet het. Tim het die nuwe Mej. Heelal genooi na ’n geleenthei­d wat elke jaar deur sy liefdadigh­eidstigtin­g gereël word. “Eers het hy ’n e-pos gestuur, toe word dit ’n SMS, toe word dít ’n oproep . . .” giggel sy.

En nou, binnekort, word Mej. Heelal mevrou.

“Ek is uiters dankbaar vir hierdie pragtige verhouding en so opgewonde om ons toekoms saam te beplan. My droomtroue is om omring te wees deur almal vir wie ons lief is en wat vir ons lief is. Samesyn, dis die belangriks­te.”

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa