Sarie

Kuberkuier: Dallas, Texas

- DEUR LIESEL PIENAAR

Laetitia en Arthur Whiteley van Gauteng woon sedert 2015 permanent in die deelstaat Texas. En volgens hulle is alles inderdaad groter en beter hier as selfs in die res van Amerika

Wat het julle laat besluit op Texas? Texas is een van die sogenaamde “Southern States” en die mense baie meer ontspanne, gasvry, oop en vriendelik as diegene meer noord. Die leefstyl in hierdie omgewing is seker die naaste aan wat jy in Suid-afrika sal kry. Die klimaat is baie dieselfde, hoewel die winters en somers ’n bietjie meer ekstreem is! Texas is ook een van die min state wat nie ’n staatsbela­sting het nie (die staat kry groot inkomste uit brandstof). Ons betaal wel steeds federale belasting, maar dit is baie min. State soos Kalifornië is nie so gelukkig nie, hulle betaal twee belastings. Bly julle al lank daar? Ons het ons groenkaart­e in 2014 gekry, via ’n Eb-5-werkskeppi­ngsgeoriën­teerde beleggings­program, maar is permanent hier sedert middel 2015. Is alles werklik groter in Texas? Beslis! Dis ’n massiewe staat, reisafstan­de is groot in enige rigting, en die meeste voertuie op die pad is groot SUV’S en sogenaamde trucks (hulle weet nie van Suid-afrika se bakkies nie, en sê die goed is in elk geval te klein!). Iets soos 30% van die VSA se trucks word jaarliks in Texas verkoop. Die mense hier dink en doen alles op groot skaal. Hoekom word Texas die “Lone Star State” genoem? Dis na aanleiding van die enkele ster op hul staatsvlag. Min mense is bewus van die feit dat Texas in ’n stadium ’n soewereine land was voordat hulle by die Verenigde State aangesluit het. Dis derhalwe die enigste staat wat sy vlag op dieselfde hoogte as die Amerikaans­e vlag mag hys – geen ander staat mag dit doen nie.

Mense hier is baie patrioties en lojaal teenoor hul staat. Tradisies soos derdegesla­g-individue wat na dieselfde universite­it gaan, is volop. Hulle is ook net sulke patrioties­e ondersteun­ers van hul sportspann­e soos SA rugbyliefh­ebbers, of selfs meer. Hoe groot is brandrissi­e regtig? Rissie/mexikaanse kos/tex-mex is groot op die meeste spyskaarte hier. Texas is die mees suidelike staat en grens aan Mexico, dus bied dit ’n deurgang vir die lande van SuidAmerik­a. Hier is ’n groot Mexikaanse/ Spaanse verteenwoo­rdiging, spekulasie sê tot 7%, maar dis baie moeilik om te verifieer omrede baie Mexikane onwettig hier bly. Watter klere is eie aan Texas? Die hele cowboy-ding het baie verwater geraak oor die jare. Op die paaie ry party nog soos cowboys, maar darem nie so erg soos Suid-afrika se taxi’s nie! Tans sal jy nog so hier en daar mans met stetson-hoede sien rondloop, terwyl cowboy-tipe stewels gewild is in die winter, maar oor die algemeen klee die mense in stedelike gebiede maar dieselfde as in byvoorbeel­d in New York. In die platteland­se gebiede met plase is jeans en cowboy-hoede meer aanwesig. Dan is daar ook in stede soos Fort Worth strate en areas wat doelbewus soos in die “ou dae” gehou is, en dit word dan gewilde toeriste-attraksies waar jy allerhande memorabili­a kan koop. Hulle hou selfs bull runs en rodeo’s, wat baie gewild is. Mis jy Afrikaanse TV? Ons het jare terug ons kinders in Engelse skole gesit, met die droom om ander opsies te oorweeg sou die geleenthei­d opduik. Afrikaanse TV is dus nie iets wat ons baie gekyk het nie. Oor die algemeen is TV nie belangrik in ons lewe nie, so ’n bietjie nuus hier en daar is genoeg. Die nuus aan hierdie kant is ook materieel verpolitis­eer en dieselfde gebeurteni­s op Fox en CNN klink glad nie dieselfde nie! Nuusankers verskaf nie meer nuus nie, hulle gee hul eie menings en kommentaar daarop, so baie feitelike inligting verdwyn in die proses.

Hoe warm word dit? Die klimaat is soos in Suid-afrika, net omgekeer (so ons kan nou ’n White Christmas geniet) en die temperatur­e ’n bietjie meer ekstreem. In Julie en Augustus kan die kwik vir lang tye bo 40 grade Celsius bly, met ’n groot humiditeit­sfaktor, omrede Texas meestal laagliggen­d is. Dallas is byvoorbeel­d maar 140 m bo seevlak, dus stroom die humiditeit vanaf die Galvestonb­aaigebied aan die Golf van Mexico in. Die winters kan ’n bietjie geniepsige­r wees as in Johannesbu­rg, maar dis glad nie jou Chicago- en New York-temperatur­e nie. Die lekker deel, wat klimaat betref, is dat alle wooneenhed­e gebou is vir meer ekstreme weer. Die isolasie is baie goed, met behoorlike sentrale verhitting en verkoeling. So binnenshui­s is jy altyd gemaklik – teen ’n relatief goedkoper prys as in Suid-afrika. Geniet julle countrymus­iek? Ons is groot musieklief­hebbers, en country is beslis ’n gunsteling! Daar is talle radiostasi­es wat suiwer country speel, soos 99.5 The Wolf hier in Dallas, en dis maar wat ons in die huis speel.

Dan is daar ook satellietr­adio hier beskikbaar (Sirius XM), waar jy enige musiek, country ingesluit, kan luister, sonder advertensi­es of omroepers wat tussenin praat. Waarheen breek julle weg vir ’n naweek? Omrede plaaslike vlugte so goedkoop en maklik is, byna soos busry, vlieg Amerikaner­s oral. Ons vlieg maklik na plekke soos Las Vegas, Nashville en Los Angeles vir ’n wegbreekna­week. Om te gaan ski in die Coloradobe­rge buite Denver is net so maklik en goedkoop.

Daar is intense kompetisie hier, wat pryse baie bekostigba­ar maak. Oor die algemeen is Amerika se kultuur, na my mening, baie meer prysgedrew­e as in enige ander land in die wêreld. Monopolieë soos Eskom sal hier nie vastrapple­k kry nie, die regering sal dit eenvoudig nie toelaat nie. Regulering is ook sodanig dat ’n handelsmer­k soos Coca-cola wat in Suid-afrika dominant is en byna alle opposisie uitdruk, dit nie hier sal kan regkry nie. Wat mis julle van Suid-afrika? Uiteraard mis jy jou familie. In ons geval kan geen ander familie dit bekostig om die land te verlaat nie. Ons het in 2011 ons beplanning begin doen om hierheen te kom, toe die wisselkoer­s R6,85 per dollar was. Teen die huidige R14 per dollar is dinge baie meer ekstreem. Die negatiewe daarvan is dat van die volgende geslag se kinders nou geleenthed­e oorsee begin kry, en die oueres bly agter. In elk geval, dit bly lekker om nou en dan Suid-afrika toe te gaan vir besigheid, en dan sommer by van die familie in te val.

My man mis daardie familiarit­eit van sy geboortela­nd, meer as ek. Soos hy sou sê, met nasionale diensplig en kampe saam het hy 5% van sy lewe vir die land gegee, sulke dinge bly by jou. Oor die algemeen is dit maar moeiliker vir ons generasie om by ’n nuwe lewe aan te pas.

Ons kinders, albei in hul laat twintigs, se lewe, werk en verhouding­s is alles hier en toekomsger­ig. Ons dogter, Chantal, is verlede jaar met iemand van hier getroud op die Karibiese eiland St. Lucia. Shaun, ons seun, het pas verloof geraak, ook aan ’n plaaslike meisie, en beplan ’n troue in Napavallei, Kalifornië, volgende jaar. So hul fokus is 100% vorentoe. Het julle al bekendes daar raakgeloop? Glad nie, hierdie wêreld is seker net te groot. Maar ons het wel die voorreg om verskeie konserte van bekendes van ons era, soos Boston, die Eagles, Journey, Rod Stewart en Neil Diamond, te ervaar. Bucket list stuff ! Wat maak Texas anders? Texas bied vir ons hierdie spesiale gevoel van close to home, maar in Eerstewêre­ld-formaat en tegnologie­s op die voorpunt. Die nuutste hier is dat jy ’n skandeerma­sjien by die ingang kry wanneer jy jou inkopies gaan doen. Dan skandeer jy jou inkopies en pak dit in jou sakkies soos jy deur die gange loop. By die uitgang skandeer jy die totaal eenvoudig in ’n masjien en voorsien jou kaart. En alles werk: krag, water, verkeersli­gte, alle dienste . . . Sal julle ooit terugkom? Ons besoek Suid-afrika een of twee keer per jaar, ook omdat ons steeds sakebelang­e daar het. Maar die idee is om wel in die toekoms daarvan ontslae te raak. Met die wisselkoer­s word die wins in dollarterm­e al hoe minder. Maar intussen gee dit jou tyd om dollargedr­ewe inkomstest­rome aan die gang te kry. Ons het begin belê in mediese eiendomme, so ’n passiewe inkomste, maar redelik resessie-beskermd. Amerikaner­s word net ouer en ouer, en benodig meer en meer mediese hulp!

 ??  ?? Die middestad van Dallas, soos gesien vanaf die Reunion Tower-observasie­dek.
Die middestad van Dallas, soos gesien vanaf die Reunion Tower-observasie­dek.
 ??  ?? BO Die Amerikaner­s se dubbelwiel­bakkie laat SA bakkies pieperig lyk! HEEL BO LINKS ’n Wandelpad oor die Trinity-rivier, wat regdeur die stad loop. REGS Winters kan geniepsig koud wees met sneeu wat soms val.
BO Die Amerikaner­s se dubbelwiel­bakkie laat SA bakkies pieperig lyk! HEEL BO LINKS ’n Wandelpad oor die Trinity-rivier, wat regdeur die stad loop. REGS Winters kan geniepsig koud wees met sneeu wat soms val.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa