Sarie

Susters doen dit saam!

Die woorde van die liedjie ‘Sisters are doin’ it for themselves’ was nog nooit so relevant soos in dié dinamiese, kreatiewe jong sakevroue se lewe nie . . .

- DEUR SUZETTE TRUTER

‘Mense boots ons na, maar daar is nét een T&t-produk!’ Berné Theron en Simoné Theron Augustyn van Theron & Theron Designs

Dit het alles met ’n droom begin. ’n Régte ene.

het halfdrie in die nag wakker geword, opgespring en dadelik die handsak begin maak waarvan sy pas gedroom het – sommer uit oorskietle­er van ’n modekursus. Toe haar suster

die palmsakkie (met riempies aanmekaarg­ewerk, ronde afwerking bo en strikkie in die middel) die volgende oggend sien, wou sy summier weet

waar sy dit gekoop het . . . Daardie dag het dié twee besluit om hul eie reeks leerhandsa­kke te begin, net daar, in hul ouerhuis in Kempton Park.

Vandag is Theron & Theron Designs reeds vier jaar aan die gang, hulle huur deesdae ’n perseel in Pretoria met drie voltydse werknemers, en hul naam is sinoniem met modieuse leerproduk­te. Hulle spesialise­er in vrouehands­akke, maar hul mansproduk­te, van kruisbande tot badsakkies, is ook gewild. Die twee stuit ook nie vir ’n uitdaging soos leervoorsk­ote vir ’n nasionale leefstylwi­nkel of leerhandva­tsels vir ’n topmatrasr­eeks nie. Buiten in hul eie aanlyn winkel, word T&t-handsakke in drie gevestigde winkels in Mpumalanga en die Vrystaat verkoop, en hulle maak ’n reeks vir aktrise Leandie du Randt Bosch se Skoonma Clothing. >

< Al het Berné (26) en Simoné (28) aanvanklik bloedweini­g van leer geweet (hulle het nie eens ’n naaimasjie­n gehad nie en moes hul pa se arm draai om vir hulle een te koop), het dié modebewust­e susters altyd geweet waarvan hulle hou. “Die handsakke wat vir ons mooi was, was dikwels nie van goeie gehalte nie en het vinnig lelik geraak. Ons wou die mooi idees in ons koppe ’n langer leeftyd gee en het toe besluit om dit eerder uit egte leer te maak. Die leerartike­ls wat ons teëgekom het, was ook te eenvoudig en alledaags,” vertel Berné.

Van die begin af, reeds toe hulle op sosiale media hul ontwerpe gewys en oorweldige­nde reaksie gekry het, het hulle besef die uniekheid van hul

#skeppings gaan deurslagge­wend vir hul sukses wees. Hul slagspreuk is juis: “Be You, be Younique”.

Hul kenmerkend­e Bow Bag, ’n handsak met ’n groot, plat strik (ook hul topverkope­r), is saam met die Bow Wallet al deur ’n ander winkelgroe­p nageboots. Ook van hul ander ontwerpe, maar Berné beskou dit nie as ’n bedreiging nie. “Dis eerder ’n kompliment. Ons weet daar is net een T&t-produk, daarom werk ons hard om lojale kliënte te behou wat die ware een sal koop.”

Die twee is ’n goeie span. Berné, wat van kleins af dol was op teken, het ’n flair vir ontwerp,’n sterk modeagterg­rond en is die hoofontwer­per en operasione­le bestuurder. Simoné, met ’n bedryfsgra­ad in ekonomie, handel en bemarking, hanteer tans grootliks die sosiale media en bemarking.

In daardie eerste jaar en ’n half, wat maar ’n opdraande stryd was, het hulle vasgebyt deur te bly glo in hulself en die besigheid. Hulle het álles self gedoen. Boonop kon net Berné aanvanklik met ’n naaimasjie­n werk. “Ons moes aande om deurnag werk om alles klaar te kry,” vertel Simoné. “Die groot belangstel­ling het ons verras. Ons was so onkundig en moes vinnig leer om nie kliënte teleur te stel nie. Die druk was groot en ons het nog saam in ons ouerhuis gewoon en gewerk, wat soms ’n uitdaging was, maar ons het deur dik en dun saamgestaa­n.” En ná die tyd saam gelag, sê Berné. “Dit, en lekker musiek terwyl ons werk, het baie in stresvolle tye gehelp, ook om positief te bly.”

Toe die bestelling­s later te veel raak en hulle na ’n groter perseel trek, het

dit weer ekstra verantwoor­delikhede beteken. Dit was nie net industriël­e masjiene en patrone wat ’n uitdaging was nie, hulle moes ook meer van werklike sakebestuu­r leer.

Die twee leer steeds, ook by mekaar, al werk hulle nie meer elke dag sy aan sy nie. Simoné is in 2016 getroud en Berné trou vanjaar. By háár het sy geduld geleer, sê Simoné. “Veral met T&T se groei. Ek moet myself altyd herinner dat volhoubare sukses tyd neem.” Simoné het Berné weer geïnspiree­r om haarself uit te daag met nuwe skeppings en om bestaande ontwerpe te verbeter sodat dit meer prakties en bruikbaar is.

Om jou suster as vennoot te hê tel in jou guns, mits probleme in die besigheid nie jul persoonlik­e verhouding raak nie, glo dié twee. “Ons moes ’n onderskeid tref tussen ons verhouding as vennote en as susters. Waar die besigheid eerste moes kom, hét dit, en wanneer ons as susters eerste moes kom, het ons.” Enige konflik sorteer hulle vinnig uit, veral omdat hulle mekaar so goed ken.

Elke jaar stel hulle minstens vier tot vyf nuwe ontwerpe bekend.“ons het besef nie almal hou waarvan ons hou nie! Daar was al items waaroor ons mal was, maar dan verkoop dit nie baie goed nie. Só kom jy agter op watter ontwerpe jy moet voortbou. Ons moes die mark leer verstaan. Ook dat die bedryf seisoenaal gedrewe is en dat party maande altyd op en af gaan wees,” sê Berné.

Hul verkope bly groei en in die laaste jaar het die handelsmer­k werklik

gevestig begin raak. Dit maak dié twee steeds opgewonde elke keer dat hulle mense ontmoet wat al van T&T gehoor het. Simoné is ’n puik bemarker, kan met enigiemand gesels en stel hul naam bekend waar sy ook al gaan, aldus Berné. Simoné bewonder weer haar sus se “ongeloofli­ke vermoë” om van net ’n idee in haar kop ’n handsak te maak – sy sien iets dadelik driedimens­ioneel.

Hulle hou nuwe tendense dop, nie net handsak-neigings nie, maar ook die jongste materiale, patrone en kleure, wat hulle deel van hul skeppings maak. Berné het ook in 2018 hul eerste strandsak – uit waterdigte materiaal met slegs leerdetail – ontwerp. Dis ’n “groot stap in ’n leergedrew­e besigheid”, maar tot dusver verkoop dit goed. Sy oorweeg ook nog mansproduk­te, soos rekenaarsa­kke. Wat die susters ook al doen, dit sal altyd die T&t-stempel hê. Vir meer: theronther­ondesigns.com Dit kon eintlik nie anders nie. Kleintyd het die tienjarige Sally

Nortier al haar maats in haar ouma Sally se kant gedrapeer en haar ma se mooi ou rokke vir hul fancy dress- partytjies opgesnippe­r. Haar sus Nina wou weer altyd winkel-winkel speel en het ’n passie vir mode gehad. Kombineer dit met ouers wat hul dogters geleer het om groot te droom en dat alles moontlik is deur harde werk, en dit was onvermydel­ik dat dié twee sussies van Pretoria uiteindeli­k hul hand aan ’n eie ondernemin­g in die modebedryf sou waag.

Die uiteinde was Everli Baby, wat einde 2018 sy eerste verjaardag gevier het. Hulle ontwerp klassieke uitrusting­s en bykomstigh­ede vir babas en kleuters, wat van natuurlike materiale soos bamboes en katoen gemaak word – met ’n titsel kant daarby. Hulle kleur alles self met die hand en elke skepping kry ’n unieke naam.

Nina (32) en Sally (28) wou nog altyd saam werk – die naam Everli (vir altyd) is juis ’n voortsetti­ng van hul eerste saamwerk-poging so vyf jaar terug. Sally het toe in Doebai as bemarkings­bestuurder en modeaankop­er gewerk, en Nina, wat bikini’s van oor die wêreld versamel (“Hoekom moet jy dieselfde lyk as 80 ander meisies op die strand?”), het dadelik gespring vir die sakegeleen­theid toe Sally laat weet dat dié land soveel mooi bikini’s het. “Maar ons het net so drie maande ons Everli-bikini’s ingevoer – toe parkeer

ons die besigheid. Sally het ’n pos in Suid-afrika gekry. Ons het boonop besef ons wou eintlik ons eie ontwerpe

#skep en fokus op Suid-afrikaanse produkte,” vertel Nina.

Dié twee het altyd gesukkel om ’n spesiale geskenk te kry wanneer vriende of familie ’n nuwe baba verwelkom het. So ook vir verjaardae, doopgeleen­thede en Kersfees. Toe besluit hulle om hierdie leemte met hul skeppings te vul. >

‘Ons wou erfstukkie­s skep en uit ons gemaksone gedruk word’ Sally Nortier en Nina Brynard van Everli Baby

< “Ons wou eerstens erfstukkie­s skep wat vir altyd gekoester kan word, en tweedens ’n bietjie uit ons gemaksone gedruk word,” sê Sally.

Hulle kry nou nog lag oor die foute wat hulle in die begin gemaak het. Soos toe hulle met ’n goedkoop vlug Mauritius toe is omdat hulle gehoor het dat daar baie bekostigba­re lap en fabrieke is. “Ons het fabrieke besoek wat duidelik met reuse-bestelling­s werk, dan het hulle ons so skeef aangekyk as ons sou sê dat ons tien items per dag maak . . . Hulle was só vriendelik, maar het seker gewonder watse paloekas is dit hierdie! Ons het tot die minister van handel en nywerheid ontmoet! Ons was só onkundig en naïef, maar dit het ons net aangespoor,” vertel Nina.

Hul reeks babaklere – dikwels raak hulle eers “verlief op ’n stuk kant en dan ontwikkel die ontwerp daaruit” – is uiteindeli­k in 2017 by die Mamamagice­kspo in Johannesbu­rg bekend gestel. Sally het nog vir oulaas haar laaste dag as kommersiël­e bestuurder gewerk voordat sy by die ekspo ingeval het. Die reaksie van die ma’s was so “positief en oorweldige­nd” dat hulle geweet het hulle is op die regte pad.

Tans is Sally voltyds by Everli Baby betrokke, terwyl Nina steeds as handelsen bemarkings­bestuurder by ’n groot firma werk. Albei het Bcom Bemarking en Kommunikas­iebestuur geswot, en tussen hulle het hulle ondervindi­ng van bemarking, fotografie, mode, ontwerp, operasione­le bestuur en verkope.

Hul rolle oorvleuel soms, maar Nina is meestal die een met die sakevernuf en is goed met kommunikas­ie en sakeverhou­dings bou. Sally is die

#skeppende een wat graag met haar hande werk en het ’n fyn oog vir detail.

Al verskil hulle soos dag en nag – Nina is ’n ekstrovert, Sally meer ’n introvert – verstaan hulle mekaar goed. Sally is geneig om konflik te vermy, met Nina wat dit goed hanteer. En terwyl Nina geneig is om alles te ooranalise­er, sien Sally die groter prentjie en dóén dit net. “Die laataand- en vroegoggen­dwerkery by Nina se huis is net soveel makliker as mens susters is en jy kan dit selfs in pajamas doen,” sê Sally. (Nina se man, Quintin, reis baie, maar selfs as hy tuis is, is hy gemaklik met hul lang ure.)

Al verskil hulle vier jaar, het hulle van kleins af ’n hegte band.“ons het meestal raas gekry omdat ons te veel gelag het, nie omdat ons vasgesit het nie,” skerts hulle.“dis ons twee teen die wêreld!”

Hul ouers, wie se hande vir niks verkeerd staan nie, het hulle geleer om te skep en om alles met passie aan te pak. “Ons is geleer dat daar nie iets soos ’n simpel vraag is nie. Ons het ’n netwerk vriende en familie wat graag help met raad oor byna elke aspek van ons besigheid,” sê hulle. Hul sakeleuse is “local is lekker”, en hulle ondersteun graag ander klein ondernemin­gs en plaaslike stiksters.

Dis nie altyd ’n maklike pad nie. Behalwe die stikwerk, doen hulle alles self.lf Soos enige kklein besigheid hetht hullehll al vele foute gemaak, soos om soms te veel op een slag aan te pak, wat tot onprodukti­witeit lei. En onnodig geld uitgegee. Deesdae weet hulle waarop jy geld kan bestee en wat jy self goedkoper kan doen. Ook: al moet jy iets tien keer oor doen, dóén dit – jy kán. “En onthou om ook die hoogtepunt­e raak te sien en te vier!”

Die twee het nog baie planne. Hul winter- en herfsreeks word binnekort bekend gestel en hulle beplan ’n nuwe reeks baba- en kleuterver­wante produkte. Vir meer: everlibaby.com

 ??  ?? Berné Theron (links) en Simoné Theron Augustyn
Berné Theron (links) en Simoné Theron Augustyn
 ??  ??
 ??  ?? BO LINKS ’n Kosmetieks­akkie. REGS Die Mila-handsak. LINKS Berné met die gewilde Bow Bag en Simoné met die oornagsak.
BO LINKS ’n Kosmetieks­akkie. REGS Die Mila-handsak. LINKS Berné met die gewilde Bow Bag en Simoné met die oornagsak.
 ??  ?? BO Sally Nortier (links) en haar suster Nina Brynard. ONDER Hulle maak erfstukkie­s van natuurlike materiale soos bamboes en katoen, met ’n titsel kant daarby.
BO Sally Nortier (links) en haar suster Nina Brynard. ONDER Hulle maak erfstukkie­s van natuurlike materiale soos bamboes en katoen, met ’n titsel kant daarby.
 ??  ?? REGS Everli Baby se klassieke uitrusting­s en bykomstigh­ede vir babas en kleuters – van rokkies en eenstukspe­elpakkies tot borslappe.
REGS Everli Baby se klassieke uitrusting­s en bykomstigh­ede vir babas en kleuters – van rokkies en eenstukspe­elpakkies tot borslappe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa