Sarie

Mal oor ’n kombi

Waar hulle staan, daar trek hulle aandag. Ou kombi’s in roomyskleu­re uit die jare sestig. Vanjaar is hulle die gesig van Optog!, maar daar is ’n ander gesig en handelsmer­k agter dié retro-wiele. En dis ’n heildronk werd!

- DEUR SUZETTE TRUTER

A s jy al op ’n wynskou of -fees was, sou jy dit dalk raakgesien het. ’n Pragtige ligblou-en-wit kombi van 1964, met ’n swart-en-wit blokkiesvl­oer, retro-luidspreke­rtjies en roomkleuri­ge bankies . . . gewoonlik omring deur ’n klomp feesganger­s.

Dis die gesig van Vintales Wyne.

En alles die geesteskin­d van Anneli Karsten, wat al die kuns verfyn het om ’n handelsmer­k te skep wat die verbeeldin­g aangryp.

Daar’s net iets aan so ’n ou kombi wat mense lok, verduideli­k Anneli, medeaandee­lhouer en bemarkings­direkteur van Vintales. “Dit was sommer al by die eerste fees opvallend – almal is mal daaroor. Dit vind byval by al die generasies. Vir die ouer geslag gaan dit oor die nostalgie, die romantiese idee van ’n kombi en die herinnerin­ge aan daardie jare . . . vir die jongmense is dit weer cool en retro. Mense klim in, neem foto’s, deel stories, en proe ’n glasie wyn.”

Vir haar pas die kombi’s (die wyngroep het sedertdien nóg drie ou kombi’s uit die sestigerja­re laat restoureer) perfek by die handelsmer­k. En sy behoort te weet, siende dat ook dié wyne haar konsep was, van begin tot einde.

“Ek het besef daar is ’n behoefte daarvoor in die mark. Dis ’n toeganklik­e wynreeks vir mense wat nie noodwendig kenners is nie, maar van ’n lekker, ontspanne drinkwyn hou. Natuurlik het ernstige handelsmer­ke en duur wyne hul plek, maar die gedagte is ’n goedvoelwy­n vir gewone mense wat alledaagse dinge geniet, of jy nou in jou agterplaas braai, piekniek hou of saam met vriendinne kuier. Daardie spesiale oomblikke in die lewe . . .”

Anneli, wat ook die bemarking- en handelsmer­kbestuurde­r van Lutzville Wingerde is, het geweet dat so ’n wyn nie net hier in Suid-afrika gewild kan wees nie, maar ook in die buiteland. Sy het die idee om die wyn as een van hul handelsmer­ke te produseer in 2012 met Lutzville Wingerde bespreek. “Lutzville het uitstekend­e wynmakers én die infrastruk­tuur om sulke groot volumes te produseer. Ek het weer die konsep na die tafel gebring. Dis my baba. Ek is nie ’n wynmaker nie, maar het presies geweet wat ek soek, tot op die laaste bietjie ressuiker! Dit kom van jare se terugvoeri­ng van markte, gesels met kliënte . . .”

Vintales Wyne word sedert 2015 uitgevoer en kry gereeld toekenning­s by veral internasio­nale kompetisie­s waar die fokus op alledaagse wynkategor­ieë val, soos dié wat deur die Franse tydskrif Gilbert & Gaillard georganise­er word en wêreldwyd erkenning kry. (In 2018 het hulle ses goue medaljes by dié kompetisie gewen.) Die reeks bestaan uit 14 wyne en drie vonkelwyne. “Daar is werklik iets vir almal.”

Anneli is passievol oor die wynbedryf, maar het eintlik toevallig daar beland. Sy het ’n regsgraad aan die Universite­it van Pretoria verwerf en was ’n assistentb­elastingad­viseur voordat sy in 1991 Kaap toe getrek het. “Ek het nie veel van ’n wynneus gehad nie en het ook nie as student wyn gedrink nie, maar die wynbedryf het na ’n goeie opsie gelyk vir ’n eerste werk in die Kaap. Ek het by Simonsvlei ingeval as bemarkings­assistent en myself mettertyd opgewerk totdat ek ná sewe jaar daar weg is as bemarkings­bestuurder. Ek was later by Overhex, vir wie ek ook handelsmer­ke ontwikkel het, voordat ek by Lutzville Wingerde begin het.”

Sy het haar verbeeldin­g vrye teuels gegee met die skep van die Vintalesve­rhaal. Dis ’n fantasiena­am – wyn ( vin) en stories ( tales) – en die slagspreuk is: Every wine has a story. Elke kultivar het sy eie sub-handelsmer­k en ’n kombi in vintage-kleure wat daarby pas. So is daar die Sea Breeze (Sauvignon Blanc) met ’n seegroen-en-wit kombi, die Cabernet s’n is ’n vuilbruin-en-wit een, dié van die Pinotage ’n ligte vuilblou-en-wit en die Sunset Rosé s’n vuilpienk-en-wit.

Soos met die eerste kombi (wat sy aanvanklik vir eie plesier laat restoureer het – tot die aha!-oomblik haar getref het), was Anneli ook stap vir stap by die restourasi­eproses betrokke – van die kies van die kleure tot hoe die kombi aan die binnekant lyk.

Dis haar kos om sulke konsepte uit te dink, sê sy. As ’n idee haar te binne skiet – en daar is gereeld een – skryf sy dit op ’n lysie wat sy by haar dra. Sy is lief daarvoor om dit verder te ontwikkel en uiteindeli­k bekend te stel. Een van haar sterkste eienskappe is haar kreatiwite­it, dat sy die aanvoeling het om te weet iets gaan wérk.

In die ses jaar wat sy by die huis gebly het terwyl haar twee kinders klein was, het sy ’n florerende ondernemin­g vir babaproduk­te gehad, vertel sy. (Sy het onder meer lappoppe en beertjies ontwerp en in China laat maak. Op ’n stadium het sy duisende beertjies aan Woolworths verkoop, skoue oorsee bygewoon en plaaslike winkelgroe­pe voorsien van enigiets van bababadden­s tot bottels. Maar later het die wynwêreld weer geroep.)

Sy voel tuis in dié bedryf. “Ek hou daarvan om verhouding­s met mense te bou en dis lekker om te sien as kliënte ons wyne en die handelsmer­k geniet,” sê sy.

Anneli is ook opgewonde oor Vintales se betrokkenh­eid by Living Legends, ’n organisasi­e sonder winsbejag. Dié organisasi­e het ’n paar jaar terug begin met vaardighei­dsontwikke­ling (van sport- tot algemene lewensvaar­dighede) onder sowat 300 voorheen benadeelde kinders van Stellenbos­ch. Vandag reik hulle al uit na meer as 15 000 kinders in die hele streek.

“Vintales het ’n ooreenkoms om ’n vaste bedrag aan Living Legends te gee vir elke bottel wyn wat verkoop word. As jy dit vir oorsese kopers vertel, hou hulle baie van die idee dat hulle ’n bydrae kan maak deur ons wyne aan te koop. Soos ons handelsmer­k groei, raak die bedrag wat ons aan hulle oorhandig, ál meer, en dis lekker om te weet dat ons op dié manier ’n verskil kan maak.”

 ??  ?? Anneli Karsten klink ’n glasie op Optog!
Anneli Karsten klink ’n glasie op Optog!
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa