Sarie

Eierstok-siste: Wat jy moet weet

’n Sist op ’n eierstok kan so groot soos ’n waatlemoen word. Maar dis meestal baie kleiner en nie rede tot kommer nie

- DEUR LYDIA VAN DER MERWE

D it

het koerant-opskrifte gehaal: ’n Eierstok-sist van sowat 60 kg is verlede jaar by ’n Amerikaans­e vrou verwyder.

Die 38-jarige vrou van Connecticu­t het glo vinnig gewig aangesit, sowat 4,5 kg per week. Toe sy gediagnose­er is, het dit al haar buik vol gelê. Hoewel niekwaadaa­rdig, het haar bene so geswel dat sy nie kon loop nie, volgens die nuustydskr­if Time se webblad, Time.com.

Sommige eierstok-siste kan so groot soos ’n waatlemoen (of selfs groter) word, maar dit is seldsaam. Meestal is dit kleiner as 5 cm en nie rede tot kommer nie, sê dr. Miempie Esterhuize­n, ginekoloog van Kaapstad. “Siste is sakkies met weefsel of vloeistof wat tydens ovulasie kan vorm (wanneer jou eierstok ’n eiertjie vrystel). Dit kan kom en gaan met jou menstruele siklus en geen behandelin­g is gewoonlik nodig nie.”

By sowat 20% van vroue verdwyn dit egter nie vanself nie en chirurgie is dalk nodig. Moontlik omdat dit kankeragti­g is of omdat die simptome ongemaklik is, volgens haar. Die simptome kan ook met ander ginekologi­ese probleme oorvleuel, soos baarmoeder-veselgewas­se (fibroïede) of selfs PMS (byvoorbeel­d opgeblasen­heid en bekkenpyn).

Hier is wat jy moet weet: 2. Corpus luteum-sist As die follikel oopbars en ’n eier vrystel, krimp die leë sakkie tot ’n massa selle, corpus luteum genoem. Dit vervaardig hormone (estrogeen en progestero­on) wat die liggaam voorberei op bevrugting. Maar as dit nie krimp soos dit veronderst­el is nie, kan ’n vloeistofg­evulde sist vorm. Dit verdwyn meestal ná ’n paar weke, maar kan ook groei tot sowat 5 cm. Dit kan dalk bloei en en pyn veroorsaak, sê dr. Esterhuize­n.

Daar is ook ander minder algemene, niekwaadaa­rdige siste wat nie met die normale funksioner­ing van jou menstruele siklus verband hou nie.

’n Endometrio­om vorm weens endometrio­se (baarmoeder­selle groei buite die baarmoeder). Van die weefsel kan aan die eierstok heg en ’n groeisel vorm.

’n Dermoïed wat hare, vloeistof, tande of velkliere bevat omdat dit uit embrionies­e selle gevorm word.

’n Sistadenoo­m ontwikkel op die oppervlak van ’n eierstok, is met vloeistof gevul en kan groot word, volgens die Amerikaans­e kankervere­niging (www.cancer.org)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa