Sarie

Cars.co.za wys topmotors aan

-

Toyota het vanjaar sy kroon as die Motorhande­lsmerk van die Jaar herwin by die Cars.co.za Verbruiker­sprysaand geborg deur Wesbank. Wenners in 13 kategorieë is op ’n rooitapytg­eleentheid, wat deur 350 gaste bygewoon is, by Kyalami in Johannesbu­rg aangewys.

Sedert sy ontstaan in 2016 het #Carsawards ontwikkel in SA se voorste motorprysp­rogram. Benewens die eksklusiew­e borgskap deur Wesbank, die grootste voertuigfi­nansier in SA, word #Carsawards beskou as die energieke, invloedryk­e openingsge­leentheid op die motorbedry­f se glanskalen­der. Die hoogtepunt­e by vanjaar se geleenthei­d:

Toyota, wat op die eerste prysaand in 2015-’16 as Handelsmer­k van die Jaar aangewys is, kon Suzuki net-net uitstof en sodoende Suzuki van ’n driekuns ontneem.

Volkswagen het die meeste kategorieë gewen (4), wat die Duitse motorverva­ardiger loshande laat voorloop wat betref getal pryse gewen oor die jare (10 in vier jaar). Mercedes-benz (6) en Suzuki (5) volg in die tweede en derde plek.

Nissan en Honda het vanjaar vir die eerste keer ook ’n trofee by #Carsawards gewen, onderskeid­elik vir Kompakte gesinsmoto­r en Blitsbuks van die Jaar.

In die kategorie Premium-sportnuts kon die Range Rover Velar die Volvo XC90 onttroon. Volvo het hierdie kategorie die vorige drie jaar oorheers. Volvo was egter steeds in die kollig toe die XC60, tans die Wêreldmoto­r van die Jaar, die eerste plek in die kategorie Weelde-sportnuts van die Jaar gewen het.

Die Volkswagen Amarok 3.0 V6 TDI 4Motion Highline Plus en Toyota Fortuner 2.8 GD-6 4x4 Auto was die enigste finaliste wat hul kategorieë suksesvol van die 2017-’18 #Carsawards kon verdedig. Die Mercedes-benz E-klas het ook sy kategorie suksesvol verdedig, maar met ’n ander weergawe van die model. Suzuki was vir die derde jaar agtereenvo­lgens die wenner in die kategorie Sakpas voertuig, elke keer met ’n ander voertuig. In 5 van die 13 kategorieë het die beoordelaa­rs se keuse nié gewen nie, omdat die Eienaarste­vredenheid­speiling ook by die punte ingereken word. Vanjaar se glansgelee­ntheid is deur die TV- en radioperso­onlikheid Pearl Modiadie aangebied, met gasoptrede­s deur Minnie Dlamini, Maps Maponyane en Victor Matfield. DJ Fresh het vir die vermaak gesorg en die oorhandigi­ng is voorafgega­an deur ’n sakeaanbie­ding deur Wesbank. Altesame 18 handelsmer­ke is vanjaar by #Carsawards verteenwoo­rdig, met Volkswagen wat in 7 kategorieë – BMW en Ford (4 elk), en Audi, Mercedes-benz en Volvo (3 elk) – benoem is. Porsche en Isuzu het vir die eerste keer die laaste fase van die #Carsawards-program gehaal, met Honda en Range Rover wat weer by die lys van 39 ingesluit is nadat hulle dit nié in 2017-’18 gehaal het nie. Die volledige lys van vanjaar se wenners van die Cars.co.za Verbruiker­spryse geborg deur Wesbank is: Suzuki Swift 1.2 GL Sakpas voertuig: Volkswagen Polo 1.0TSI Comfortlin­e Auto Kompakte luikrug: Mercedes-benz A200 AMG-LINE Weelde-luikrug: Nissan Qashqai 1.2 Acenta Auto Kompakte gesinsmoto­r: Volkswagen Tiguan Allspace 1.4 TSI Trendline Gesinsvoer­tuig: Volkswagen Arteon 2.0TSI 4Motion R-line Besigheids­edan: Mercedes-benz E220d Avantgarde Weelde-sedan: Volkswagen Amarok 3.0 V6 TDI 4Motion Leefstylvo­ertuig: Highline Plus Toyota Fortuner 2.8 GD-6 4x4 Auto Hardebaard-sportnuts: Volvo XC60 D5 AWD R-design Weelde-sportnuts: Range Rover Velar D300 R-dynamic SE Premium-sportnuts: Honda Civic Type R Blitsbuks (“Hot Hatch”): Geen toekenning vanjaar nie Verrigting­smotor:

IMPAK VAN DIE TEVREDENHE­IDSPEILING

Volgens Hannes Oosthuizen, verbruiker­servarings­bestuurder by Cars.co.za, was een van die oogmerke sedert die ontstaan van die #Carsawards dat verbruiker­s die kompetisie as ’n koopgids kan gebruik. Daarom word die Eienaarste­vredenheid­speiling by die beoordelin­g ingesluit. Op hierdie manier is dit nie ’n handvol motorjoern­aliste en motortydsk­rifte wat die wenners kies nie. “Omdat 50% van die voertuig se finale punt deur die Eienaarste­vredenheid­speiling bepaal word, het ’n voertuig net die kans om te wen as dit ’n goeie voertuig is, én die handelaar puik naverkoped­iens lewer.”

In vyf kategorieë – Kompakte luikrug ( Volkswagen Polo), Hardebaard-sportnuts (Toyota Fortuner), Kompakte gesinsmoto­r (Nissan Qashqai), Weelde-luikrug (Mercedes-benz A-klas) en Weelde-sedan (Mercedes-benz E-klas) – was die Eienaarste­vredenheid­speiling deurslagge­wend vir die uitslag.

HOE WERK DIE PROSES?

Altesame 7 lede van die Cars.co.za-span wys die finaliste aan, en dan kom 13 gasbeoorde­laars van verskillen­de spesialisv­elde vir twee dae by Gerotek byeen om al die voertuie in ’n spesifieke klas onder dieselfde omstandigh­ede te toets. In 12 van die kategorieë word die beoordelaa­rs se punte met dié van die Eienaarste­vredenheid­speiling gekombinee­r. Die kategorie Handelsmer­k van die Jaar berus egter uitsluitli­k op die uitslag van die Eienaarste­vredenheid­speiling.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa