Sarie

Sophia Kappoor

haar jongste roman, Kantelpunt (Lapa Uitgewers, R315)

-

Wat was die vonk vir die verhaal? Daar was ’n paar, maar ek was op ’n kol in ’n gesprek betrokke waaraan ’n jong, swart meisie ook deelgeneem het. Oulik, woordvaard­ig, gesofistik­eerd, welspreken­d. Iewers deur die loop van die gesprek, toe ek my sê wou sê, sê sy vir my ek moet stilbly en luister, my beurt om te praat is verby. Ek het my bloedig vererg, maar dadelik besef ek is nie kwaad vir haar nie, maar oor iets anders. En toe ek behoorlik daaroor nagedink het, besef ek die meisie dink ek het ’n stem gehad omdat ek wit en Afrikaans en ’n produk van apartheid is. Intussen moes ek heeltyd my mond hou omdat ek wit en Afrikaans en ’n produk van apartheid is. Dit was daardie besef – dat wit vroue in die ou SA nie ’n stem gehad het en nou weer nie het nie, wéér omdat hulle wit vroue is – wat die boek se sneller was. Hoe het jy Nellie se karakter geskep? Wou jy hê sy moet iemand spesifieks verteenwoo­rdig?

Nellie is geheel en al ’n produk van my verbeeldin­g, maar alles wat met haar gebeur, kom uit die werklikhei­d. Nie alles het met my gebeur nie, maar alles het gebeur met vroue wat ek ken. Dis een van die grootste lewensless­e wat ek geleer het – jy is in enige gesprek met enigiemand drie sinne weg van ernstige trauma. Die boek het taamlik onlangs verskyn, maar ek het al verskeie briewe in my inboks van vroue wat laat weet hulle herken Nellie. Put jy uit jou eie lewe vir Nellie se gewaarword­inge? Ek deel baie van Nellie se frustrasie­s. Die goed wat sy oor die patriargie en oor vroue in die patriargie ontdek, het ek ook ontdek. Baie van haar ontnugteri­ng deel ek. En baie van haar vrede maak met haarself en haar mense, het ek ook beleef.

Deel jy enige eienskappe met Nellie? Ek is in my wese soos Nellie. Ek het net die reis klaar afgelê, maar daardie stil vrou aan die begin van Kantelpunt, wat stilbly omdat sy wil hê mense moet van haar hou, dis ek.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa