Sarie

Martin Steyn

oor sy jongste roman, Losprys (LAPA Uitgewers, R295)

-

Losprys gaan oor ’n ontvoering­sdrama. Wat het die verhaal in jou gedagtes laat posvat? Die idee kom van ’n werklike voorval in Kaapstad, die tienerseun van ’n ryk Nederlands­e gesin wat vir ’n losprys ontvoer is, en die gyselaar-

onderhande­laars wat by die gesin ingetrek het. Ek het toevallig ’n regte polisieond­erhandelaa­r ontmoet, wat my aan daardie ou saak laat dink het. Die kans om oor onderhande­ling te skryf, die proses, die sielkunde daaragter, was onweerstaa­nbaar. En die ander elemente, die karakters en hul motiewe, het mooi in plek geval. Hoe skep jy jou karakters? Hulle het nogal ’n manier om net te arriveer. Mags van Donker spoor en Enzo van Losprys het net “gekom”. Soms wil ek iets spesifieks doen. Menck van Donker spoor en Skuldig is doelbewus ’n baie gewone mens, ’n gesinsman sonder huis-, drank-, geweldof persoonlik­heidsprobl­eme, want dit voel soms in misdaadfik­sie asof ’n goeie speurder

altyd chaos in die res van sy lewe het, terwyl dit nie noodwendig so is nie. Ek wou van daardie stereotipe wegbreek.

My karakters word ook beïnvloed deur regte mense, polisieled­e met wie ek praat, misdadiger­s oor wie ek lees, my agtergrond in sielkunde. Stukkies en brokkies wat bymekaarko­m.

Ek doen altyd baie moeite met die misdadiger, veral ’n reeksmoord­enaar, maar destyds met Mags het ek geweet hy is naby aftree, sy vrou is onlangs dood ná ’n kankerstry­d, sy verhouding met sy seun is nie lekker nie, hy is in rou en nukkerig. Dit was dit, en ook een van die probleme met die manuskrip. Ek moes Mags leer ken terwyl ek geskryf het. Deesdae bestee ek meer tyd om die hoofkarakt­ers se persoonlik­heid te deurdink sodat ek hulle beter ken voordat ek ’n woord skryf. Ek en veral Enzo en Karla het eers saam gesit voor ek aan Losprys begin skryf het.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa