Sarie

JOU AKSIEPLAN

-

1 KWEEK DIE GEWOONTE OM DAAGLIKS SONSKERM TE DRA

Tot 90% van eksterne verouderin­g is as gevolg van die son, sê Sonette. Daarom bly sonskerm die beste wapen teen fyn lyntjies en pigmentasi­e. “Die sonskade wat jy vroeër in jou lewe opdoen, wys dikwels eers later op jou vel. Deur reeds vroeg in jou lewe in die gewoonte te kom om daagliks ’n sonskerm met ’n SBF van minstens 30 aan jou gesig en nek aan te wend, kan jy die verskyning van pigmentasi­e, sonvlekke en plooie later in jou lewe verminder.”

2 KIES PRODUKTE WAT VELDEHIDRA­SIE BEHANDEL

“Baie jonger vroue kla oor fyn lyntjies om hul oë, mond en op hul wange wat al hoe sigbaarder word. Die hoofoorsaa­k is dikwels ’n gedehidree­rde vel weens ’n droë klimaat, stedelike rookmis of die gebruik van lugversorg­ers en verwarmers. Daarom raai ek vroue in hul twintigs en dertigs aan om altyd bevogtigen­de produkte met bv. hialuronsu­ur, gliserien en galambotte­r te gebruik – selfs al het jy ’n olierige vel. As jou vel optimaal bevog is, sal dit ook minder oortollige sebum vervaardig.”

3 VOEG ANTIOKSIDA­NTE BY VIR EKSTRA BESKERMING

Stres, te veel alkohol of blootstell­ing aan besoedelin­g en blou lig van elektronie­se toestelle dra alles by tot die vorming van vrye radikale wat ’n sneller vir verouderin­g is. ’n Produk met antioksida­nte, soos vitamien C en E, feruliensu­ur en druiwepit-ekstrak, moet deel van jou roetine wees. Dit neutralise­er vrye radikale op die boonste laag van jou vel en help dat jou vel homself beter teen eksterne aanslae kan beskerm.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa