Sarie

’n Huis WAT VIR JÓÚ WERK

-

Toe die Therons ses jaar gelede ’n ruim ou huis in Kaapstad gekoop het, het hulle nie besef dat dit vir ’n ekstra inkomste sou sorg nie. Boonop kon die twee kunstige mense self die dekor doen en vir ’n regterhand werk skep

Jacques

en Freda Theron was so gelukkig om ’n vyfslaapka­merhuis met ’n tuin en swembad in die mooi buurt Oranjezich­t raak te loop. Nogal met ’n busstop vlak by hul voordeur (almal weet mos van Kaapstad se nagmerrie-verkeer). Die huis het drie vlakke: ’n dakvertrek, met ’n ruim leefarea, kombuis en drie slaapkamer­s op die middelste vlak, en die onderste vlak wat in daardie stadium ’n doolhof van vertrekke was. Dit was goed opgepas en het net so ’n bietjie “kosmetiese” aandag nodig gehad. So reg in hul kraal, want Freda is ’n grafiese ontwerper met haar eie besigheid (www.brandnewwo­rld.co.za) en Jacques,’n ingenieur met ’n groot liefde vir houtwerk, se hande staan vir niks verkeerd nie.

Die egpaar het op die middelste vlak ingetrek en vir eers net die minimum veranderin­ge aan die huis aangebring (net ’n bietjie geverf en matte opgetel). Freda sê dit was die beste besluit om vir twee jaar net so te lewe. So kon hulle die vloei en gevoel van die huis beleef voordat hulle die argitek Ivan Flint van Flint Associates genader het vir raad en om planne vir die veranderin­ge op te trek.

Hulle het net die grootste lof vir hom en Freda sê dit was juis hy wat hulle die blink plan gegee het om nog ’n huis as ’n tweede woning op die onderste vlak in te rig. Die grootste taak was om die vloer – daar was verskillen­de vlakke en vloerafwer­kings en trappe op ongemaklik­e plekke – gelyk te maak. Gelukkig het die vorige eienaars van hul mideeuse meubels, so reg in hul smaak, daar gelos en hulle hoef nie juis veel te gekoop het vir dié tweede woning nie.

Die onderste vlak huisves nou ’n kombuis, eetkamer, leefarea en twee slaapkamer­s met en suite-badkamers. Freda en haar regterhand, Fiona Mutongwizo, verhuur dit aan toeriste, en as sy oorslaapga­ste kry, kan sy hulle hier in 9 Tuinhuis laat oorbly. Freda gee alle eer aan Fiona wat alle aspekte van die besigheid seepglad vir haar bestuur. >

Kloksgewys van heel links bo

KUNS IN DIE KOMBUIS

Die geraamde vetplante is uit die fotograaf Jac de Villiers se uitstallin­g Vetplant (www.jacdevilli­ers.com).

KRAAKWIT

Vir albei badkamers het Freda wit mosaïekteë­ls van dak na vloer gekies. Hier is die vensters met hul industriël­e voorkoms mooi sigbaar.

DIT KOM VAN VER AF

Dié wasbak het ’n vriend al die pad van Engeland af saamgebrin­g op Freda se versoek. Sy het dit op Pinterest raakgesien en moes dit net hê. (Gawe vriend!)

KOMBUIS OP ’N BEGROTING

Die kombuis het Freda op ’n streng begroting gedoen. Die kassies is laaghout wat met ’n gehalteoli­ebasisverf swart geverf is. Die teëls is ’n basiese wit porseleint­eël van 15 x 15 cm wat deur die meeste ysterwarew­inkels aangehou word, maar die swart voegbry-afwerking ( grout) gee dit ’n splinternu­we voorkoms.’n Smal rak is net bo die teëls gemonteer. Die klein werkbank (ook van ’n ysterwarew­inkel) se blad het Freda met vlekvrye staal laat oortrek, en die plastiekkr­at is van ’n plastiekwa­rewinkel.

Links bo

DIE EETHOEKIE

Die eethoek grens aan die kombuis en kyk uit op die groen tuin. Die kas en tafel het ook in die huis agtergebly.

Bo

OKER EN GLAS

Freda se mooi okerkleuri­ge glasvase gee ’n bietjie glans aan dié vertrek.

Links

DIE HOOFSLAAPK­AMER

Ook hier het Freda wit en groen as tema gekies. Die kaktusse op die voetenent-bankie pas perfek by die vetplantfo­to’s van die fotograaf Jac de Villiers.

Regs

KUIER BUITE

Al die vertrekke, buiten die tweede slaapkamer, kyk uit op die tuin en swembad.

VIR BESPREKING­S

Kontak 021 462 7454 of 076 175 0933 Besoek www.booking.com/hotel/za/9-tuinhuis of www.airbnb.com/rooms/4569367

 ??  ??
 ??  ?? Die A-span . . . Fiona en Freda is ’n gedugte kombinasie.
Die A-span . . . Fiona en Freda is ’n gedugte kombinasie.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa