Sarie

WAAR WOON JY?

-

Duitse navorsers het ’n sterk verband gevind tussen stedelinge wat sowat ’n kilometer van ’n bos af woon en ’n “gesonder” amigdala, die deel van die brein wat stres en angs beheer. Jy is dan minder geneig tot dié versteurin­gs. Nie só as jou huis naby ’n “groen” stadsgebie­d soos ’n park is nie. Die navorsers reken dit kan wees omdat digte bosse gewoonlik aan die buitewyke van ’n stad is, waar minder mense, verkeer en dus lugbesoede­ling is.

Die Verenigde Nasies skat twee derdes van die wêreld se bevolking sal teen 2050 in stede woon (tans is dit ’n bietjie meer as die helfte) en volgens die navorsers is meer studies soos dié dringend nodig. So kan ons immers stede ontwerp wat tot ’n gesonde brein bydra.

En navorsers by die Instituut vir Europese Omgewingsb­eleid wat 200 studies bestudeer het, het bevind jy is minder geneig om vetsugtig te wees en antidepres­sante te neem as jy naby bome en groen gebiede woon. Die kans is ook beter dat jy oefen. Só is Dene wie se huis verder as ’n kilometer van ’n groen gebied af is, meer geneig om vetsugtig te wees en die kans skraler dat hulle straf oefen. Teenoor mense wat binne 300 m daarvandaa­n woon.

Babas wat in gebiede gebore is wat deur groenighei­d omring word, weeg meer en die omtrek van hul kop is ook groter. En binne 5 km van ’n bos en op plase is kinders minder geneig om allergieë te ontwikkel. (Die “higiëne”-hipotese is een verklaring daarvoor.)

Amerikaans­e navorsers het voorts bevind die beoefening van aktiwiteit­e op groen plekke het kinders met AGHS se simptome beduidend meer verminder as op ander plekke, volgens die studie in die American Journal of Public Health.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa