Sarie

Ontdek jouself IN ’N SA BOS

-

Jeffrey Rink, kliniese sielkundig­e van Houtbaai, Kaapstad, wat in hipnose spesialise­er, fasiliteer die afgelope twintig jaar ekosielkun­dige wegbreke ( retreats), “genesende ervarings in die bos” waar die natuur “terapeutie­s” ingespan word. “Mense is uit hul gemaksone en voel dalk meer weerloos. Hulle maak makliker teenoor ander ‘oop’ om hul ervarings, ook persoonlik, spontaan te deel,” sê hy.

Dié plat-op-die-aarde, “ongeproses­seerde” ervarings is, nes onverwerkt­e kos, gesond en gee jou iets om aan te kou lank nadat dit verby is. Die bestemming­s is wildplase en groepe is nie groter as agt nie. Saam met ’n plaaslike gids word die plant-, dier- en voëllewe asook medisinale gebruike van plante en bome bestudeer. Deurentyd wys Jeffrey simbole uit: ’n leeu, boom, miershoop. “Alles het ’n storie waaruit ons kan leer.” As hy jou beter ken, soek hy simboliek wat op jou van toepassing is. Jy speel weer soos ’n kind: klim boom, swem in die rivier. Die bos is nie altyd ’n gemaklike plek nie. Dis warm, daar is dorings, soms reën dit. Om egter onder ’n bessieboom te mediteer met die kenmerkend­e skreeu van ’n visarend op die agtergrond – sonder weerga. Sommige mense het dit reeds tien keer meegemaak.

Gedeelteli­k geïnspiree­r deur Spanje se Camino de Santiago, begelei Jeffrey voorts ’n sewedaagse staptog tussen Vendakrale in Limpopo by die heilige Fundudzi-meer en die Thathe Vondo-woud. Mense word blootgeste­l aan die inwoners se tradisione­le rituele: genesers, die speel van tromme, danse en die vertel van stories. “Dis van die armste mense, maar met ’n rykdom van kennis, wysheid en spirituali­teit.”

Kontak: 021 970 2573, shrink@tiscali.co.za, www.ecopsychol­ogyafrica.com

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa