Sarie

Julle sê ...

OMHELS DIE HERFSDAE

- RONELLE VAN LOGGERENBE­RG, SOMERSET-WES

VOns land is omsingel deur ’n onsigbare vyand; eintlik word die hele wêreld gevange gehou deur hierdie vyand!

Wie sou ’n jaar gelede kon sê dat ons gehok, gegrendel, vasgebind sou word deur iets wat eintlik te klein is om met die blote oog te sien. Dit klink soos ’n nagmerrie-fliek of ’n Robin Cook-boek.

Maar hier sit ons nou in ons huise – en ek moet dadelik byvoeg hoe bevoorreg ons is om in huise met meer as een of twee vertrekke gegrendel te sit. Hoeveel mense het nie die voorreg om selfs genoeg kos of water te hê nie.

Eintlik, eintlik is dit vir my heerlik. Die eerste week van inperking is maar pas verby en daar bly nog twee weke oor, indien die tydperk nie verleng gaan word nie.

Gister was dit so stil dat ek selfs ’n visarend hoog bokant ons huis kon hoor roep.

Die roep van Afrika, ons geliefde land. Ek hoor die geritsel van herfsblare wat na benede begin dwarrel om weer een te word met die aarde waarvandaa­n dit gekom het. Ja, herfs is hier.

Ek hoor die geskater van kindertjie­s wat oorkant die straat in hul erf speel. En ek hoor die stem van ’n pappa wat een of ander vermaning roep. Watter voorreg om tyd met jou kinders te spandeer. Ons almal weet dat die volgende paar maande baie hoë eise aan broodwinne­rs gaan stel.

Maar vir nou, omhels ek die goue herfsdae, die net wéés. Gister is vir ewig verby, en wie weet wat môre inhou, maar ons het nóú. En net jy het beheer oor hoe jy vandag gaan aanpak.

Selfs die aarde slaak ’n sug van verligting. Uiteindeli­k kan sy weer effens asemhaal sonder al die besoedelin­g.

Mag Hy ons almal beskerm soos Hy belowe in Psalm 91. Sterk bly, en behou jou positiwite­it.

Ronelle van Loggerenbe­rg van Somerset-Wes het vandeesmaa­nd ons wenbrief geskryf. Haar prys ter waarde van R2 610 is die Versace-parfuums Bright Crystal, Crystal Noir en Yellow Diamond (30 ml EDT elk). Bright Crystal bevat vrugtegeur­e soos granaat en sitrusagti­ge yuzu, soet blomgeure soos pinksterro­os, magnolia en lotus, en die warm ondertone van muskus en amber. Die sentrale noot van Crystal Noir is vars, lig en romerig, terwyl amber en muskus ’n misterieus­e en sensuele basis verskaf. Yellow Diamond bevat geure van suurlemoen en peersorbet, gevolg deur lemoenbloe­isel in die hart en muskus in die basis.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa