Sarie

DEUR FOTO’S KONSEP EN STILERING GRIMERING HARE

- LYDIA VAN DER MERWE LEANA CR FANIE CRONJÉ ALGRIA FERREIRA JEANETTE GENIS

Met ’n ma in die kollig is dit nou maar een van daai dinge. Olivia Rose Abrahams se eerste voorblad was op ’n brose drie maande. Knieserig gewees en Ma het getroos: “Toemaar, ek het nét so gevoel met my eerste een.” Op twee, weer sulke tyd, het haar swart haartjies plek gemaak vir ’n koperblond­e krullebol. Ag, die derde keer, op sewe, was sy al grootnooi – mal oor die aandag, klere, grimering, al die girly-goed wat daarmee saamgaan.

Olivia was nogal in die gesig gevat toe SARIE die daaropvolg­ende jaar besluit dis haar kleinboet, Thomas

(nou 7), se beurt om saam met Ma te poseer. “Wat? Wil

Fanie șSARIE-stylredakt­eurț my nie hê nie? Is hy nie meer liéf vir my nie? Is my wérk nie goed genoeg nie?” Met ’n armpie wat teatraal deur die lug trek, wys Diaan Lawrenson, haar bekende ma. Met haar ouers albei in die akteursbed­ryf, weet Olivia hoe belangrik dit is dat jou “werk” op peil is.

“Ja, asseblief, kan ons dit doen?” was haar reaksie vanjaar oor die moontlikhe­id van ’n vierde voorblad vir SARIE, ’n dekade ná die eerste.

“Sy’s ’n petite dingetjie, met ’n sterk mening, ’n spicy meisiekind. Soms ernstig, met oë wat regdeur jou kyk. Onafhankli­k, sy gaan my nog al my hel gee. Maar dis oukei,” voorspel Diaan. Outgoing, flambojant, hou Olivia nietemin nie daarvan dat mense Diaan en pa Jody in die openbaar stop nie. “Sy verstaan dis deel van ons werk, maar ek dink dit irriteer haar dat mense ons eien as die karakters wat ons speel.” Hulle is akteurs wat ’n rol vertolk, mintag. Nou is dit Lionel dit en Lionel dat, Jody se karakter in die kykNET & kie telenovell­e Arendsvlei. Diaan is steeds Paula van die rol wat sy in 2016 gegroet het.

Vir Diaan self was dit ’n emosionele ding om ná dertien jaar van Paula afskeid te neem. Intussen het die gesin van Johannesbu­rg na Kaapstad verhuis. En mensig, het sy sedertdien gevlieg! As aktrise is sy gedurig in aanvraag. Sy skryf ook TV-tekste en vervaardig TV-produksies vir haar en Jody se maatskappy, Jester-produksies. Só was hulle vervaardig­ers van Op en Af *, Netwerk24 se aanlyn blitskomed­ie oor die klein (en groter) jakkalsies in die >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa