Sarie

COVID-19 EN SAAMWEES

-

< huwelik. Diaan speel ook daarin. Daarby is sy sedert April verlede jaar dekaan van die rolprent-en-TV-skool AFDA se Kaapse kampus, waar sy die vorige drie jaar klas gegee het. ’n Pos wat vereis dat sy haar bestuursve­rmoë slyp.

Sy lyk in haar element in haar kantoor by AFDA, informeel in swart jeans en ’n wit T-hemp met die kollege se logo op en ’n kief, ronde brilletjie. Buite raas en ja, dans, die studente, ’n herinnerin­g dat dit ’n kunstekamp­us is. Tussen die skedules en roosters teen die muur is ’n prentjie met rooi hartjies: Love you mom. Op ’n skryfbord ’n groot hart met “you can do it!” in ’n kinder-gogga-skrif. Ja, die kinders kom baie daar.

Koel en kalm, ’n staatmaker, mos. Maar Diaan moes briek aandraai toe sy begin verlede jaar voel of sy nie meer een enkele tree vorentoe kan gee nie. Kapoet, te lank die kers aan albei kante gebrand. Dit het haar tot stilstand gebring, tot diep introspeks­ie genoop. “My lyf, kop, siel . . . ek was doodmoeg, my vermoë om probleme op te los nul. Dit was aaklig, ’n donker plek met weird angs- en paniekaanv­alle. Dis van jare se dink jy kan alles doen. My dokter sê al lank ek moet rus, dit stadiger vat. Maar ek het nie geluister nie en alles het skielik ineen getuimel. My gesin is prioriteit, ja, maar jy moet steeds al die ander dinge gedoen kry. Jy woon daardie sportbyeen­koms by, maar werk dan vannag tot tweeuur.

“Ek het besef ek kan nie meer nie, ekskuus, ek raak skoon tranerig as ek daaraan dink. Ek het ’n maand afgevat en vir my kinders gesê ek cope nie, ek het hulp in die huis nodig, julle moet my ondersteun. Waar ek gewoonlik vieruur soggens opstaan, oefeninge doen, die kinders se skoolkos pak, het ek net gesê ek kan dit nie nou doen nie. Jody was wonderlik, Livy en Tom was wonderlik. Livy het vir my ontbyt gemaak, koffie . . . Baie mense sal dalk nie daarmee saamstem nie. Maar ek dink dit het baie angs in ons huis weggevat toe ek sê: ‘Ek kan nie meer nie.’ Dit nie probeer wegsteek het terwyl almal kan sien iets skort nie.”

Self-love, sê sy. Wat is dit nou eintlik? Nie ’n maandeliks­e pedikuur of ’n lekker bad nie. Dis om liefde vir jouself te gee, hoe jy dit daagliks toepas sodat dit ’n gewoonte word.

Dis selfonders­oek, hoekom voel ek ek moet alles doen, en alles die beste doen? Waar kom dit vandaan? “Dis moeilike vrae. Ek kan nie sê ek het al die antwoorde gekry nie, want ek het nie. Maar die druk om alles nou, perfek te doen, is minder. Ek het besluit ek gaan nie meer so baie aanpak nie en het reeds vir wonderlike projekte nee gesê. Op en Af was my en Jody se enigste projek verlede jaar terwyl ons vantevore minstens drie ’n jaar sou doen. Ek is op ’n goeie plek. Maar dis ’n voortduren­de proses: Elke aand, hoekom voel ek so, hoekom voel ek angstig? Ek probeer in kontak met my emosies bly.”

Diaan is ernstig van geaardheid en kan met mening haar tande in ’n rol slaan wat emosies en verhouding­e ondersoek. Soos die rolprent Raaiselkin­d, oor ’n outistiese kind. Maar dis ook moeiliker om van so ’n rol af weg te stap, die residu bly langer kleef. Haar

happy place, sê sy, is om goed bymekaar te sit wat mense laat lag. “Op skool en later as student by AFDA het ek altyd in dramas gespeel. In my derde jaar was ek toevallig in ’n komedie en verras dat ek dit soveel geniet. My droom is om ’n suksesvoll­e sitkom te vervaardig. Dis lekker om ander mense te laat lag en ek gee nie om as ek in die proses myself stupid moet laat lyk nie. Daar is geen herstelpro­ses ná komedie nie. Dis net lekker. Almal

high five ná ’n lang dag, gaan huis toe en voel wonderlik oor ons simpelgeit.

“Ons almal love wonderlike, sterk rolle, maar jy sien nie die lig sonder donker nie, dis alles mos maar ’n balans. As jy praat van veerkragti­gheid, terugbons in die lewe, speel humor ’n groot rol. My oorlede oupa het altyd gesê: ‘Wel, minstens het ons nog ons sin vir humor.’ Dis die waarheid. Solank jy dit het, kan jy deur enigiets kom.

“Jody is baie snaaks en ons kinders ook. Tom en Olivia het albei ’n lekker sin vir humor. Hulle geniet dit om ons te laat lag. Ek sê gereeld vir hulle, jy is só snaaks, dis só funny ,dis ’n goeie joke. My kinders ken my in ’n ernstige rol, as ma.

Diaan laat hoor sy en die kinders hou huispartyt­jie. Hulle het video’s afgelaai waar jy die dansbewegi­ngs moet volg. Dis dag 13 van die Covid-19-inperking. Vir haar en Thomas is dit egter dag 25: Albei was al siek toe die ganse volk huis toe gestuur is.

Ons moes vind om saam te wees, nie gefrustree­rd en kwaad te word nie. Ons doen nogal goed, dink ek. Ek het gedurende die inperking verjaar, op 6 April, ’n vreemde ervaring. Ons gebruik enigiets wat op die internet beskikbaar is. Google gratis aktiwiteit­e, Zumbaklass­e, joga . . . Die kinders kyk na Jamie Oliver en is elke dag vir ’n maaltyd. Dis ’n spesiale tyd waar ons saam sit en praat en kosmaak en lag. Daar’s druk, ek werk van die huis af en hulle doen skoolwerk. Maar ons probeer dit met speeltyd balanseer.

Thomas en Olivia moet elk ’n Covid-19-joernaal hou – wat hulle doen, dink, voel . . . Nou die dag skryf Olivia in hare en alles is so positief. “Voel jy nie gefrustree­rd of kwaad nie, pla iets jou nie?” vra ek. Nee, niks, dis ’n baie vir haar. Hulle verstaan die virus, is nie angstig daaroor nie, ons het alles mooi verduideli­k.

Dis lekker om te hoor my kinders geniet ons gesin se samesyn. >

 ??  ?? Hoe gaan dit? vra SARIE. kreatiewe maniere verantwoor­delik gelukkige tyd
Hoe gaan dit? vra SARIE. kreatiewe maniere verantwoor­delik gelukkige tyd

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa