Sarie

’n Vroulike Emo Tarryn LAMB

Sy sing soos ’n nagtegaal, skryf liedjies en kan boonop toneelspee­l. En sedert sy Maak my famous saam met Emo Adams aanbied, kan sy haar skaars draai. Want nog nooit was sy so famous soos nou nie

- Tarryn

Sy het die stem, die ritme, die looks .Dan kan Tarryn Lamb boonop act ook. Die volle pakkie, mét ’n strik om. Noem haar sommer “’n Emo met lang hare”. En dit kom uit die perd se bek: van die man met die indrukwekk­ende coif homself. Daar is ’n gemaklike sinergie tussen hulle, wys hul weergawe van Lady Gaga en Bradley Cooper se treffer Shallow .Een mens, eintlik, as jy nou van werketiek en respek vir mekaar én die bedryf praat, sê onse Emo Adams, die Tall, dark en Afrikaans-vermaaklik­heidster. En: “Sy laat als so maklik lyk, wat ’n gawe.” ’n Reuse-kompliment van die man wat kan dans, sing en grappies maak sonder om skynbaar ’n druppel sweet te stort.

Toe hy haar kontak om mede-aanbieder te wees van sy kykNET-talentkomp­etisie, Maak my famous*, was haar reaksie ’n verbaasde: “Wát? Emo, ek het dit nog nooit gedoen nie. Ek weet nie hóé nie.” En hy: “Jy kan dit doen.” En sy hét.

Haar man, Lester Timothy, sê sy volg immer die scenic route deur die lewe. Synde die road less travelled, die moeilike een, verduideli­k sy. Altyd op soek na nuwe uitdagings. “As iets werk en die ervaring is goed, voel ek ek het nou alles geleer en moet aanbeweeg. ’n Ander plek explore en meer groei.”

Sy is al sestien jaar lank in die bedryf. Van haar studenteda­e toe sy om den brode as ’n blonde meermin ’n musiektele­gram moes aflewer. Daar staan sy op die drumpel van ’n vreemde huis en sing vir twee vreemdelin­ge: “We’re all going on a summer holiday . . .”

Tot die selfvernie­tigende Kim in Suidooster, waarvoor sy in 2018 ’n SAFTA-toekenning as beste ondersteun­ende aktrise gekry het. “Jissie, sy was ’n hectic karakter. Ek moes die hele dag op stel huil en het my omtrent aan die NikNaks vergryp.”

Maar nooit het die kollig so fel geskyn soos noudat sy met Emo ’n verhoog deel nie. “Emo is famous . . . famous en ek het nie geweet as ek saam met hom werk, gaan ek ook famous wees nie. Ek sê vir hom: ‘Wat gaan aan?’ En hy: ‘Wat meen jy?’ ‘Emo, ek’s drieuur die oggend by ’n petrolstas­ie op Beaufort-Wes, ek bestel koffie in die Wimpy. En daar kom mense en vra hoekom het so en so nie na die volgende ronde toe deurgedrin­g nie. Ek doen ’n fotosessie in Canal Walk șdie Kaapse winkelsent­rumț en wil net gou by Clicks inhardloop, en zap-zap ...Ditword’n halfuur want almal wil foto’s neem.’ Jy raak so gewoond aan jou job en skielik is daar ’n nuwe element. Weird.”

Ag, en kon sy maar so snááks soos Emo gewees het. “Ek kan nie eens ’n ou grappie vertel nie. Ek sê gereeld vir die vervaardig­ers: ‘Kan ek asseblief ook so snaaks soos Emo wees!’” Haar gunsteling­grap? “Sê nou jou ma skep jou kos in ’n bakkie . . . en die bakkie ry weg.” En dan: “Ag, toe, jy lag net om my nie sleg te laat voel nie. Maar as my jonger sussie dit vertel, ís dit snaaks.”

Wat dink Emo? “Sy’s nie iemand wat obvious jokes maak nie, maar daar is oomblikke op stel wanneer sy net like a great punchline sal drop. Sy laat my lag wanneer ek ’n grap maak en she tries to top it . . . flippen snaaks.”

Lekker man, lekker!

Toe jy die eerste keer ’n liedjie van Laurika Rauch hoor, het dit jou aangegryp. Hoekom?

Kyk, my pa, Devon, is Afrikaans, maar my ma, Lynne, is Engels en ek het Engels grootgewor­d. Ek was in graad 4 en in Fish Hoek Primary se koor toe ons Stuur groete aan Mannetjies Roux leer. En ek sê vir my vriendin Rochelle ek love die song. Later speel sy vir my ’n CD van Laurika. Toe ek daardie eerste klank en woord hoor, jis, sy het hierdie rustige stem, sy is geanker. Jy kan haar hart in haar musiek hoor.

Ocean View naby Kaapstad, waar jy grootgewor­d het, is bekend vir misdaad en bendegewel­d.

In my kinderdae was dit ’n ander wêreld, ’n plek waar die gemeenskap soos een groot familie saamstaan. Ek het buite met my rolskaatse gespeel, vir my ouma Frieda gaan kuier wat tien minute van ons af gewoon het. My hart is gebroke oor wat nou daar aangaan. Daar is nog mense wat probeer om daai gevoel van samehorigh­eid te bou, maar dis crazy .Mymawas jare lank ’n kleutersko­olonderwys­eres en werk steeds in die gemeenskap­pe van Ocean View en Masiphumel­ele.

Die misdaad het jou ook op ’n jong ouderdom geraak.

Ek was so 13, 14 en ek en my ma het van Pick n Pay af teruggekom. Oorkant ons huis was ’n bos en daar het mense saamgedrom. ’n Kind het verbygekom en vertel “daar lê ’n ou met ’n verbrande nek daarbo”. Dit was my ballroom/Latin American-dansmaat. Iemand het hom doodgemaak. Dit was hectic, jy weet, hectic. Maak dit my nou skoon hartseer.

Dit was seker traumaties. Jy, jou ouma en ma het almal bal- en Latyns-Amerikaans­e danse gedoen.

Ek het op vier begin, dit was my ding. Saam met my ouma het ek oor die land heen aan kompetisie­s deelgeneem. Ons het geld ingesamel, by huise met ’n lys aangeklop. Dan gee mense R2 en jy trek ’n kruisie op die lys. Daar was altyd iemand wat ons rokke gemaak het. En dan klim ons op ’n Greyhound-bus en ry Sun City toe vir Rumba in the Jungle en so. Ek het tot op sewentien aan kompetisie­s deelgeneem. Dit het my van ritme geleer, om maat te hou as ek liedjies skryf: Dis ’n wals, ’n foxtrot, tango, quickstep. Engelbert Humperdinc­k, Tom Jones, Rodgers en Hammerstei­n se musiekblys­pele, al daardie ou songs. Dit was inderdaad die grondslag van my liedjieskr­ywery, sonder dat ek dit besef het.

Op sewentien het jy aan top-50 gehaal. deelgeneem en die

Dit was die eerste keer wat ek vlieg, in Johannesbu­rg kom . . . buite skoolverba­nd sing. Ek het die hele tyd gehuil, was in die diep kant ingegooi, nè. Ek het gesing wat hulle sê ek moet sing, al het ek nie daarvan gehou nie. Want ek was so dankbaar om daar te wees. Toe ek uitgestem word, was ek gebroke. Ek voel saam met die deelnemers van Maak my famous wat dit nie maak nie – ek weet presies waardeur hulle gaan. Jy moet gewoond raak aan verwerping. Weer terugkom, weer en weer. Dis die geheim van ons bedryf.

Jy het geen formele musiekople­iding nie.

Nee, dit was altyd net ’n passie. Ek het myself leer klavier speel (ek is nie baie goed nie) en ook kitaar. Ná matriek het ek ’n oudisie vir Fame ,die musical, gedoen. Ek het nie ’n rol gekry nie, maar agterna het Hazel Feldman șstigter en bestuurder van Showtime Management­ț gevra of ek belangstel om te studeer. “Want jy het soveel potensiaal.” Ek dog hulle wil my opleiding gee vir die rol en sê: “Jis, ek sal dit love!” En sy sê: “Oukei, waar wil jy gaan studeer?” Vier jaar lank het ek elke weeksdag met die bus na die Waterfront Theatre School toe gery. Twee uur Kaapstad toe, twee uur terug huis toe.

Nou is jy in die posisie om ander te help.

Ek was een van die mentors in Via se werklikhei­dsreeks Die Kontrak. Toe Tyral-Lee Miggels uitgestem word, het ek Delia Sainsbury șstigter en besturende direkteur van die dramaskool­ț gekontak. Tyral-Lee is nou in haar tweede jaar daar.

Jy sonder jou ma as jou grootste mentor uit.

Sy het my geleer om hard te werk, gefokus te wees. Ek kry my talent vir liedjies skryf van haar. En bel haar gereeld as ek iets skryf en sy sal sê: “Tweak bietjie hier.” “O, ek hou daarvan.” Sy sê altyd ’n liedjie moet kan húil, jy moet hom kan vóél. “Tarryn, luister na ’n Celine Dion-song.” Nou verstaan ek dit, ek probeer altyd in my liedjies die rou emosies raakvat. Ek skryf soggens, dis deel van my roetine. Alleen in die tuin met my kitaar en Sherlock, my brakkie.

As hoofsanger van die bekroonde Engelse groep het jou loopbaan vlamgevat. Maar jy sing nou in Afrikaans. Hoe het die oorgang gebeur?

So half natuurlik. Die meeste van ons vertonings was by Afrikaanse feeste, ons was dikwels die enigste Engelse groep daar. ’n Jaar voor ek in Suidooster was, het ons reeds ons eerste Afrikaanse liedjie opgeneem. Afrikaans is so verskrikli­k mooi. Really, hey. Ek en Arnold Coleske het begin gesels oor ’n Afrikaanse album en die resultaat was Mal oor jou șwaarvoor sy verlede jaar drie Ghoema-toekenning­s gekry hetț. Ek ontdek nog steeds “nuwe” Afrikaanse kunstenaar­s. Lize Beekman, sy is wonderlik, hey? Ek sing haar “Sonneblom uit Bethlehem” op my Kersfees-album, Kersfees met Tarryn Lamb .Ekis’ngroot Zoid-fan. En Jan Blohm, ek het verlede jaar sy “Groen trui” kliphard gespeel. Die song is incredible. Dan sê Jana șde Beerț, my bestuurder: “Daai song is al óúd.” Die Heuwels Fantasties, Spoegwolf. En Joe Black . . . eintlik al die kunstenaar­s wat hul eie liedjies skryf.

instelling word. gaan ’n jaarlikse

Die opbrengs van die CD’s wat in winkels verkoop word, gaan na ’n organisasi­e in Ocean View en Masiphumel­ele wat na kleuters omsien. My arme man moes verlede jaar van Julie af na Kerslieder­e luister. “Baby, wat dink jy van die liedjie . . .” En jinne, hy moes my elke dag help oefen aan my script vir Maak my famous. Hy moes Emo wees. “Goeienaand, dames en here . . .” Dan sê ek: “Nee, baby, vinniger, vinniger . . .” Maar hy bly geduldig.

Lester, ’n prokureur, is die kalm een?

Kalm, kalm. Sterk en ’n gentleman. Ek love dit, ek is ’n sterk vrou en weet wat ek in die lewe wil hê. En emosioneel . . . hy is ferm en geduldig en kalm. Hy sê altyd: “Baby, everything is going to be okay.” By die huis is ons albei rustig. Jis, ons is rustig. Ons lees, loop bietjie op die strand, ry bergfiets . . . Ek love my tjoppies en Lester braai so lekker.

En later vanjaar verskyn jou eerste kinderboek.

Ek is opgewonde en nervous. Rodney: A Tale Of Friendship gaan oor vriendskap en groepsdruk. Die hoofkarakt­er is ’n rot wat onder Kalkbaai se stasie woon. Dan bevriend hy ’n Jack Russell en word uiteindeli­k uit die rot-koninkryk geskop. Daar is ook ’n CD met liedjies by. Dis so ’n feel-good-storie.

My ma sê altyd ’n liedjie moet kan húil

Jou liedjie “Set Me Free” is in reaksie op die #GenoegIsGe­noeg-beweging geskryf.

Ek het op TV gekyk hoe duisende Kapenaars na die parlement opruk uit protes teen die geweld teenoor vroue en kinders. Die polisie het versperrin­gs opgerig, mense met water gespuit. Mense wat net vir hul regte opstaan. Ek het daarna gekyk . . . en toe kom die woorde: Last night I cried for a woman I’ve never met Sat back in silence when will the violence end . . . Ek het dit op Facebook gelaai en sowat 250 000 mense het daarna gekyk, sowat 8 000 dit gedeel. Toe bel ’n radiostasi­e, hulle soek die song. En nog een. Gewoonlik as jy ’n song het, moet jy hulle smeek om dit te speel. Dit was crazy.

Kennelik het dit ’n snaar aangeraak.

Ek is nie ’n politikus nie. Al wat ek kan doen, is om liedjies daaroor te skryf. My bes te probeer om my familie en gemeenskap op te bou waar ek kan. Watse verskil maak ons as ons net hamer op wat verkeerd is? Eerder moet ons almal meer positiewe goed doen wat hoop bring. Só is Maak my famous Emo se manier om hoop te bring in gemeenskap­pe waar mense nie geleenthed­e het nie. Ek love die feit dat ons vroue so saamstaan, ek is hartseer omdat sulke negatiewe goed ons moes verenig. Vroue is mos so resilient soos teesakkies. Jy kan maar aanhou water opgooi, jy kry steeds tee.

Jy lyk so sensueel en vol selfvertro­ue op die verhoog. Tog was jy al op al wat dieet is. Wat is dit met ons vroue en ons lyf?

Sweeties en NikNaks is my dood. Ek volg ’n dieet, skud gewig af en dan vier ek dit. Kort voor lank pas ek weer in my groter jeans. Vanjaar het ek besluit ek is moeg vir diets ,vir cravings. Moeg om in die klerekas te soek na iets wat dit of dat wegsteek. Ek het ’n bewustelik­e besluit geneem dat ek myself nie meer met suiker gaan seermaak nie. Ek kan enigiets eet, solank dit goed vir my liggaam is. Sedertdien slaap ek goed, ek drink water, tee. As ek cravings kry, drink ek tee, ek love my tee. Daar is soveel voorskrift­e vir ons vroue: Dís hoe jy moet lyk, dís mooi, dís die regte shape. En uiteindeli­k is ons almal mooi. Ons is vroue, ma’s, ons bring lewe in die wêreld. Jinne, ek klink nou na een van daai mense wat al jare lank nie suiker gebruik nie!

Op die binnekant van haar linkerarm is getatoeëer:

I can make tonight forever

Or I can make it disappear by the dawn (Air Supply se “Making Love Out Of Nothing At All”). ’n Herinnerin­g dat dit nie saak maak wat met jou gebeur nie. Dis jou reaksie daarop, wat jy van die lewe máák wat die belangriks­te is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa