Sarie

hanri HUMAN

Op skool het almal haar geken as ‘daai meisie met die kamera’. Nou, op 28, is sy ’n gesogte troufotogr­aaf – ook oorsee. En mode is volgende in haar visier

- DEUR DELIA DU TOIT

Demi-Leigh Tebow (Nel-Peters), Amalia Uys, Nadia Beukes, Jacques Kallis, Adriaan Strauss

. . . dit klink soos die uitnodigin­gslys vir ’n rooitapyt-toekenning­saand. Maar al dié bekendes het een ding gemeen: pragtige troufoto’s deur Hanri Human.

Hanri se CV is ook nie beperk tot plaaslike troues nie. Vanjaar het sy ’n troue by die luukse Ritz-hotel in Parys gaan afneem, en sy het al paspoortst­empels van Italië, Nederland, Duitsland en Switserlan­d deur haar loopbaan versamel.

Haar seegroen oë blink as sy daaroor gesels in ’n koffiewink­el naby haar huis in Pretoria. Dis maklik om te sien hoekom sy so gewild is by bruide. Buiten haar uitstekend­e vermoë as fotograaf is sy van nature borrelend, vrolik en vriendelik

– en natuurlik wil jy so iemand daar hê op jou troudag, wat saam met jou opgewonde is oor alles wat gebeur.

Hanri in Doebai, waar sy verlede jaar ’n advertensi­eveldtog vir Scarlett Fashion geskiet het. Sy wil graag meer modefoto’s neem – en het duidelik ’n aanslag.

Hanri reis die wêreld vol vir haar werk. Hier het sy ’n troue in Verona, Italië, afgeneem.

“Dit was so ’n voorreg om Demi-Leigh se troue te kon fotografee­r. Sy is beeldskoon van binne tot buite!” sê Hanri oor die troue. Sy het Demi op die dag eksklusief vir SARIE afgeneem en spesiaal ook die Maart-voorblad geskiet – Hanri se eerste voorblad vir SARIE.

Sy laat al haar bruide soos modelle lyk, soos Vivian da Costa hier. Beeldskone

Demi voor Hanri se lens.

Selfs Hanri se stadsfoto’s, soos dié een van Doebai, lyk romanties.

3.

4.

5.

7.

2.

6.

 ?? FOTO CLAIRE MORRIS ?? LINKS Hanri voor die Eiffeltori­ng in Parys. “Ek gaan elke jaar Parys toe. Ek voel net tuis daar!” sê sy.
FOTO CLAIRE MORRIS LINKS Hanri voor die Eiffeltori­ng in Parys. “Ek gaan elke jaar Parys toe. Ek voel net tuis daar!” sê sy.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa