Sarie

Ek is mal oor die kreatiewe uitdaging, die druk om net een kans te hê om dit perfek te kry

-

Hanri

was. Hy was ook ’n motorliefh­ebber en ons sou oor naweke saam na motorskoue gaan. Dan sou hy my opdrag gee om onderhoude met mense te voer en foto’s te neem, en dan sou ons ’n video van alles maak as ons by die huis kom.”

Daardie liefde het nooit gekwyn nie. Op skool was Hanri “daai meisie met die kamera”. “Ek dink nie enigiemand sou verbaas wees as hulle uitvind ek is nou ’n fotograaf nie! Dis regtig net nog altyd vir my tweede natuur. Ek het absoluut géén linkerbrei­n nie, ek is van kleins af kunstig en emosioneel. Ek moes hard werk om ook die sakekant van my ondernemin­g onder die knie te kry.”

Ook haar kreatiwite­it skryf sy aan haar ouers toe. “My pa was ’n dokter, my ma is ’n skeinat-onderwyser, en my sussie ’n rekenmeest­er. Maar my ouers het van kleins af kreatiewe saadjies by my geplant deur my aan kreatiewe dinge bloot te stel. Ek het voor skool al kunsklasse begin neem en ons sou altyd ou films soos The Sound of Music en Westside Story saam kyk.”

Ná skool het Hanri eers in haar ma se voetspore gevolg en onderwys aan die Universite­it Stellenbos­ch studeer. Sy het foto’s van koshuisakt­iwiteite geneem om sakgeld te maak en so gespaar om haar eerste “groot” kamera te koop. Haar plan was om daarna haar honneurs in joernalist­iek te doen, maar haar fotografie-stokperdji­e het so goed begin doen dat sy nooit eens daarby uitgekom het nie. “Ek wou graag Stellenbos­ch toe gaan en my plan was om eendag by ’n modetydskr­if as skrywer en fotograaf te werk. Stellenbos­ch bied nie ’n voorgraads­e joernalist­iekkursus aan nie en daarom het ek onderwys studeer – ek het gedink dit sal vir my natuurlik kom omdat my ma ’n onderwyser is.

“Facebook het toe net mooi aan die gang gekom in Suid-Afrika en ek het my foto’s daar opgelaai en vir myself ’n portefeulj­e begin bou. En toe sien iemand my foto’s daar raak en vra my om hul troue af te neem. Hulle het beslis ’n kans gewaag om iemand te vra wat nog nooit ’n troue afgeneem het nie, maar toe het dit baie goed gegaan. En van daar het ek ál meer troues gekry.”

Facebook, en deesdae ook Instagram, is haar grootste bemarkings­metode en sy het net op Instagram al oor die 35 000 volgelinge.

Haar plan is om nou ’n modeportef­eulje te begin bou. “Dit was nog altyd my droom. En noudat ek self verloof is, gaan ek in ’n nuwe fase in waar ek wil nesskop saam met Donovan, ’n sosiale lewe wil hê, my familie meer sien en oor ’n paar jaar kinders kry. Modefotogr­afie het meer normale werksure, terwyl troues oor naweke is.”

Maar sy gaan nie sommer net ophou met troues nie, sê sy. “Ek is mal oor die kreatiewe uitdaging, die druk om net een kans te hê om dit perfek te kry. Maar ek dink ek het net een enkele naweek afgehad die afgelope jaar!”

Intussen gaan sy seker maak sy volg haar eie raad aan bruide wanneer sy self die dag trou. “Ek sê altyd vir my bruide ’n troue is ’n live show en nie alles sal volgens jou beplande tydlyn verloop nie. Wees oop vir veranderin­ge, wees in die oomblik, ontspan, en waardeer dit. As jou grimering of die dominee laat is, ontspan, jou mense gaan dit steeds geniet. Geniet jy dit ook. Don’t be a bridezilla, be a bride-chilla!”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa