Sarie

Mike oor sy vrou, Cathy

-

In 2006 het Mike en Børge Ousland, ’n Noorweegse ontdekking­sreisiger, geskiedeni­s gemaak met hul sestig-dae-ekspedisie (op ski’s en met ’n slee) van Rusland tot die Noordpool. Dít in die Arktiese winter. Hy en sy bergklimvr­iende het in 2007 van die wêreld se hoogste bergpieke (sowat 8 000 m bo seespieël) in die Himalaja getakel, sonder aanvullend­e suurstof of bykomende kos.

Die Pole2Pole-projek oor drie jaar was Mike se grootste.

Tydens sy ekstreme ekspedisie­s mis hy water uit ’n kraan, om met sy voete laer as sy agterstewe te sit, ’n toilet waar die papier nie wegwaai nie, vier mure, ’n deur wat kan oopmaak.

Tuisgekom in die Switserse Alpe sit hy “vol adrenalien” lank op sy rusbank. “Ek eet nie, ek slaap nie. Ek dink net.” Die Russe het hom ook geleer dat elke groot toer met sit begin.

Ná 5 100 km solo binne 57 dae het hy by die Franse stasie Dumont d’Urville in Antarktika aangekom. Hy is nie in hegtenis geneem nie, maar daar was geen trompetges­kal nie. “Niemand het verwag dat ek dit sou maak nie.”

Hy sê hy het soos ’n wilde dier gelyk.’n Vreemde man het verstom op hom afgekom. Die man was een van ’n span tegnici en vragmotorb­estuurders. Hulle het Mike hartlik ontvang en hom vir bykans ’n week gehuisves.

“Net Cathy was nie by die eindpunt nie.”

Mike en hul dogters het haar gaan groet toe sy sterwend is. Oral was drups, sy kon nie meer praat nie. “Sy het haar arms oopgegooi, haar oë het vir die laaste keer gesprankel. Dit was hartseer en mooi. Ons weet nou dat die beeld van ons langs haar hospitaalb­ed haar op haar laaste reis sal vergesel.”

Mike wou saam met Cathy sterf, maar toe sê sy: “Moenie vir my doodgaan nie, leef vir my.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa