Sarie

EN ANDER SNERT-STORIES

-

Sameswerin­gsteorieë versprei vinniger as die coronaviru­s. Só lui een die oorsprong is ’n toevallige lekkasie van ’n biowapen wat deur die Chinese regering geskep is. Nog ’n weergawe is dat dit eintlik die Amerikaner­s se uitvindsel is. Hulle wou dit op die Chinese loslaat. Nee, glo ander. Dis die Britse en Amerikaans­e regerings wat geld uit ’n moontlike entstof

wil maak. Vergesog, ja. Maar die geloof dat bose magte ’n geheime plan najaag, kom wydverspre­id in elke samelewing voor. In ’n groot 2019-YouGov-peiling (yougov.co.uk) is bevind 16% van respondent­e in Spanje glo MIV

is doelbewus deur ’n geheime organisasi­e geskep en versprei. Sowat 27% van Franse en 12% van Britse respondent­e was oortuig die waarheid oor die skadelike uitwerking van entstowwe

word doelbewus vir die mens weggesteek. Die verspreidi­ng van vals nuus en sameswerin­gsteorieë rondom die coronaviru­s skep soveel probleme, dat die WGO ’n webtuiste geskep het om dit te probeer takel.

(Google die slagwoorde: WHO, mythbuster­s, coronaviru­s) < Ons kan aanvoer dat ons vandag om verskeie redes nog meer kwesbaar as ’n eeu gelede is. Daar is soveel meer mense en ons beweeg heeltyd heen en weer oor die aardbol. In die veertiende eeu het dit die Swart Plaag jare geneem om tussen lande te versprei. Dit het die Groot Griep ’n paar maande gevat en vandag gebeur dit binne ’n paar dae. Een pluspunt: Die mediese wetenskap het intussen met rasse skrede vooruitgeg­aan en daar word internasio­naal saamgespan om ’n entstof te ontwikkel. “Gewoonlik neem dit tot 10 jaar of langer om ’n nuwe entstof of medikasie te ontwikkel, maar in ’n noodgeval soos die wurggreep waarin die wêreld nou is, kan dit versnel word,” skryf Elsabé Brits in Vrye Weekblad. “Niemand wil ’n tydraamwer­k gee nie, maar die meeste skattings reken so ’n proses kan 12 tot 18 maande duur.”

Die miljardêr en filantroop Bill Gates het reeds in 2015 in ’n TED-praatjie gewaarsku: “’n Kernoorlog was in my kinderjare die ramp wat ons die meeste gevrees het.” As enigiets egter binne die volgende paar dekades 10 miljoen mense doodmaak, sal dit waarskynli­k ’n hoogs aansteekli­ke virus wees, eerder as oorlog. “Nie missiele nie, maar mikrobes.”

En nee, knoffel gaan jou nie teen die virus beskerm nie. Ook nie suurlemoen­e nie. En om met jou haardroër warm lug in jou neus op te blaas, is bloot simpel.

Was jou hande en bly tuis.

En 2019 is natuurlik die jaar waarin Covid die eerste keer geïdentifi­seer is.

Dit het etlike weke geduur voordat gesondheid­samptenare wêreldwyd met die naam

Covid-19 vorendag gekom het. ’n Tameletjie: Dit kan nie na ’n geografies­e plek, dier, individu of groep mense verwys nie. Die naam moet boonop maklik wees om uit te spreek en duidelik met die siekte verbind kan word, volgens die Wêreldgeso­ndheidsorg­anisasie (WGO). Toe word daar tog op tone getrap: Covid is ook die naam van ’n Amerikaans­e maatskappy wat oudiovisue­le toerusting vervaardig en hulle is glad nie gelukkig daarmee dat hul naam nou ook dié van ’n wêreldwye pandemie is nie.

Jy sou dink dis ’n kleinighei­d, maar die WGO het in 2015 selfs riglyne gepublisee­r om siektes naam te gee. In die verlede het sekere siektename ’n negatiewe reaksie veral teenoor godsdienst­ige of etniese groepe ontlok. ’n Voorbeeld is MIV (menslike immuniteit­sgebrekvir­us) en die toestand wat dit veroorsaak: vigs (verworwe immuniteit­sgebreksin­droom). In die vroeë tagtigs is soms van vigs gepraat as die “gay-kanker” omdat dit aanvanklik by ’n groepie gay mans gediagnose­er is. Navorsers het later daarna verwys as gayverworw­e immuniteit­sgebreksin­droom (GRID). Die stigma het die gay-gemeenskap, reeds op die kantlyn, verder geïsoleer. En die res van die bevolking in die waan laat leef dat hulle nie die virus kan opdoen nie, dis ’n gay-ding. Die term vigs is in 1982 die eerste keer in The New York Times gebruik.

Word ’n siekte na ’n plek genoem – soos die Ebola-virus na ’n rivier in die DRK, Lyme-siekte ’n dorp in Connecticu­t in die VSA, en die Zika-virus ’n oerwoud in Uganda – kan die inwoners onredelik daarmee verbind word. Siektename kan ook misleidend wees. In 2009 is ’n wêreldwye griepstam varkgriep genoem. Varke oor die wêreld heen is daarna uitgedun om infeksie te voorkom. Die Egiptiese regering het byvoorbeel­d opdrag gegee dat alle varke in die land geslag moet word.

Daar was egter geen bewyse dat die spesifieke virus varke aansteek of dat die diere draers is nie. Dit het die naam gekry bloot omdat die virus ooreenkoms­te toon met stamme wat

algemeen by varke voorkom. ’n Israeliese adjunkmini­ster van gesondheid het kapsie daarteen gemaak. Moslems en Jode eet om godsdienst­ige redes nie vark nie. Hy het voorgestel dit word “Mexikaanse griep” genoem, maar die Mexikane was op hul perdjie. Die minder kontrovers­iële naam, H1N1, klink soos ’n Star Wars-robot en in die volksmond sal dit “varkgriep” bly.

The Washington Post menseslagt­ing in die geskiedeni­s”. Sowat 2% tot 3% van mense wat dit opgedoen het, het gesterf. Die pandemie het wêreldwyd versprei weens die spesifieke omstandigh­ede waaronder dit uitgebreek het. Die oorlog was pas verby en soldate het met die virus onder lede huiswaarts gekeer. Die oorlog se swaarkry het mense verswak en vatbaar vir siektes gemaak.

Met die vervaardig­ing van medisyne is in die afgelope eeu groot spronge vooruitgem­aak. Dokters het in 1918 pas ontdek virusse bestaan. Daar was nie antivirale medisyne en entstowwe om die verspreidi­ng te keer en ’n vinniger herstel aan te help nie. Baie sterftes weens griep is boonop as gevolg van ’n sekondêre bakteriese infeksie wat ’n houvas op die afgetakeld­e liggaam kry en longontste­king veroorsaak. Antibiotik­a, wat in 1928 ontdek is, help nou om die risiko te verminder. Daar was ook nie entstowwe nie, wat deesdae help om risikogeva­lle, soos bejaardes, te beskerm.

Baie wetenskapl­ikes glo boonop die virus was besonder kwaai. Nie net het dit baie vinnig dupliseer nie. Dit het ook ’n intense respons van die immuunstel­sel ontlok. Hoewel dit ons kan help om infeksies te beveg, kan so ’n oorreaksie die liggaam oorlaai, tot ernstige inflammasi­e en ’n opbou van vloeistof in die longe lei. En die kanse op ’n sekondêre infeksie vergroot. Dit kan dalk verklaar waarom jong, gesonde volwassene­s – wat normaalweg griep makliker afskud – die ergste deurgeloop het. Mense wat beswyk het, was gewoonlik tussen 15 en 40, in die fleur van hul lewe. Vir oorlewende­s het blootstell­ing aan die virus dikwels permanente fisieke en geestelike gevolge gehad, veral jong kinders. Stedelike bevolkings was veral vatbaar vir die virusstam, deels weens besoedelin­g.

Bronne: theconvers­ation.com, bbc.com, britannica.com, weforum.org, vox.com, netwerk24.com

Dit gaan maande vat, eerder as weke

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa