Sarie

WAT IS IN ’N NAAM

-

Covid-19. Sonder tierlantyn­tjies, eenvoudig: COronaVIru­s Disease 2019. Veroorsaak deur die Sars-CoV-2-virus, oftewel “ernstige-akute-respirator­iese-sindroom-coronaviru­s-tipe-2”. Coronaviru­sse is ’n groep verwante “goggas” wat siektes van die asemhaling­stelsel veroorsaak. Dit kan wissel van seisoenale verkoue, wat ons almal een of ander tyd kry. Tot meer dodelike toestande, soos Covid-19 en Sars, waaraan 774 mense wêreldwyd in 2002-2004 dood is. Dit het ’n kroonagtig­e vorm onder ’n mikroskoop (“corona” kom van “kroon” in Latyn en “korōnē”, of “sierkrans”, in antieke Grieks).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa