Sarie

DIE GROOT GRIEP – ’N ‘SLAGTING’

-

In die moderne wêreld het geen ander siekte nog op dieselfde skaal as die coronaviru­s versprei nie. Die naaste parallel is die Groot Griep-pandemie van 1918, ook bekend as die Spaanse griep. (Die Spaanse koerante het eerste daaroor verslag gedoen, hoewel dit waarskynli­k nie daar ontstaan het nie.) Dit was inderdaad die laaste werklike wêreldwye pandemie – tot nou toe. Sowat ’n derde van die wêreldbevo­lking het destyds dié akute asemhaling­skanaal-infeksie opgedoen. Volgens konserwati­ewe beramings is 20 miljoen mense dood, maar dit kon tot in die omgewing van 50 miljoen wees. Daarteenoo­r het 9 miljoen mense in die Eerste Wêreldoorl­og in veldslae gesterf. Die Asiese (1957) en Hongkong-griep (1968) het saam ’n geskatte sowat 2 miljoen lewens geëis. En varkgriep (H1N1) sowat 600 000 die eerste jaar (2009) wat dit sirkuleer het.

Só groot was die menslike verlies in die 1918-pandemie dat baie dokters steeds daarna verwys as die “grootste mediese

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa