Sarie

‘DIS HÚL SKULD . . .’

-

Tussen 75 miljoen en 200 miljoen mense in Eurasië het van 1347 tot 1351 aan die Swart Dood , ook bekend as builepes, beswyk. Dit was ’n geskatte 50% van Europa se bevolking. Daar word algemeen geglo dis deur pes veroorsaak: Bytende vlieë het ’n aansteekli­ke bakterie van rotte na mense oorgedra. Die Jode het egter die blaam gekry en baie het op brandstape­ls gesterf. Dit wou lyk asof Joodse gemeenskap­pe minder as hul Christen-bure deur die pes geraak is. Wat as bewys gesien is dat die Jode doelbewus putte, fonteine en riviere vergiftig het.

Rol die band vorentoe na die coronaviru­s wat sy oorsprong in China het. Asiërs het wêreldwyd teikens geword van rassisties­e en xenofobies­e aanvalle. Die WGO verwys daarna as ’n “infodemie”. Ondernemin­gs in Londen se Chinatown doen minder fluks sake weens ’n vrees om Oosterse kos te eet. In Rome het ’n koffiekroe­g naby die Trevifonte­in “alle mense uit China” verbied. Drie Japannese toeriste in Bolivië is onder kwarantyn geplaas, sonder enige simptome en al was hulle nog nooit in China nie. En dit was maar net in die eerste weke ná die uitbreking van die virus.

Ook in Suid-Afrika spring mense van Chinese afkoms nie die stigma vry nie. Mense van die Gariesomge­wing het ’n kliniek bestorm nadat ’n gerug versprei het dat ’n Chinese winkeleien­aar daar die virus onder lede het, berig Netwerk24. Een van die oudste Chinese eetplekke in Seepunt, Mr Chan, se omset het ook drasties afgeneem. (Sedertdien het geen restaurant natuurlik onaangeraa­k gebly nie.)

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa