Sarie

VOEL POSITIEF

-

Jou emosies ontstaan nie net vanself nie – jou denke beheer dit, volgens Riette. “Hoe jy dink, beïnvloed nie net hoe jy voel nie, maar ook hoe jy gevoelens soos angs, vrees en onsekerhei­d hanteer. Moet dus nie verwag dat jy eenvoudig anders gaan voel nie, fokus daarop om anders te dink.”

Sy sê jy moet in krisistye ’n doelbewust­e poging aanwend om op die praktiese, sinvolle en positiewe in jou lewe te fokus, eerder as die gedagtes wat jou bekommerd maak. “Om net positief te bly en álle negatiewe gedagtes uit te skakel is natuurlik ook nie realisties nie. Maar hoe meer jy dit doen, hoe makliker sal dit word en hoe beter sal jy voel. Negatiewe denke is soos ’n monster in ’n hok: Hy gaan nie sommer net verdwyn nie, maar hoe meer jy hom voer, hoe groter word hy. As jy hom minder voer, word sy invloed kleiner.”

Daar is in enige krisis ook positiewe gevolge – soms is dit net moeilik om raak te sien. Gaan sit en dink na oor wat dit kan wees. Covid-19 is nie ’n uitsonderi­ng nie, sê Riette. “Ek is tog opgewonde oor die moontlikhe­id wat die krisis inhou – nie net vir ons as SuidAfrika­ners nie, maar ook vir die res van die wêreld. ’n Wêreldwye rusknoppie is gedruk. Dis ’n ongeloofli­ke geleenthei­d om regtig te bevraagtek­en wat ons nodig het en waarmee ons onsself daagliks besig hou – as gemeenskap, in ons families, en ook in ons eie lewe.

“Ons leefstyl het ons selfsugtig gemaak en ons nie baie tyd vir ander gelaat nie. Nou fokus ons noodgedwon­ge meer op ons naastes en die gemeenskap se behoeftes. Sommige verhouding­s word dalk uitgedaag in krisistye, maar uitdagings kan ook ’n verhouding laat groei. Gaan sit en dink wat jy uit ’n krisis kan leer en begin dit dan toepas. Ek glo baie mense gaan anders begin leef as gevolg van die coronaviru­s.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa