Sarie

GRIEP, VERKOUE OF COVID-19?

KEN DIE SIMPTOME

-

Al drie is virusse, maar hoe weet jy watter een jy het?

GRIEP: Erger in die winter. Simptome soos koors, hoes, moegheid, lyfseer, hoofpyn en aptytverli­es is algemeen en ontwikkel skielik, binne 1-4 dae. Soms het jy ’n toe of loopneus, diarree en keelseer en jy kan kortasem wees. In erge gevalle het jy asemnood.

COVID-19: Baie soortgelyk.

Die verskil ’n inkubasiet­yd van 1-14 dae (gemiddeld 5,1 dae) en simptome ontwikkel geleidelik. Asemnood is algemeen. Het jy die simptome, laat jouself toets om te bepaal of jy dalk die Covid-19-virus onder lede het.

VERKOUE: Kom heeljaar voor. Simptome is baie ligter en steek geleidelik kop uit.

ONTHOU: Antibiotik­a help vir ’n bakteriële infeksie, nié vir ’n virusinfek­sie nie. Jy kan wel ’n sekondêre bakteriële infeksie opdoen met komplikasi­es soos ’n oorinfeksi­e, bronchitis, sinusitis of longontste­king. Gaan dokter toe as jou simptome aanhou of vererger.

Bronne: medicalnew­stoday.com, CDC.gov, The Guardian, SARIE

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa