Sarie

OP JOU MERKE

-

Jy’t jou eerste wedren gewen deur

200 miljoen mededinger­s uit te stof om eerste by daai eiersel te kom. Die prys? Toegang tot ’n meer veeleisend­e resies teen die res van die mensdom vir basiese oorlewing of, as jy gelukkig is, mededingin­g om fabelagtig­e rykdom, skoonheid en roem.

Dis maklik om soos die topmodel Kaia Gerber te lyk as die supermodel van die 80’s Cindy Crawford jou ma is. Met ’n geraamde waarde van

$160 miljoen (sowat R3 miljard) is die jonge Miley Cyrus haar pa, Billy Ray Cyrus, se fortuin van $20 miljoen (sowat R375 miljoen) ver vooruit. Nie dat ons bekommerd is oor Billy nie. Sy achy breaky-bankrekeni­ng het beslis in 2019 ’n stewige “Old Town Road”-inspuiting gekry. Kinders soos Kaia, Miley en die Beckham-broers is dubbel geseënd met uitsonderl­ike gene en ’n gunstige omgewing om in uit te blink. Brooklyn Beckham het klaarblykl­ik nie sy pa se geniale slag met ’n sokkerbal geërf nie, maar dalk volg Romeo of Cruz in David se goue voetspore. Indien nie, is modeontwer­p ’n ietwat minder veeleisend­e terugval-opsie.

Kardashian-Jenner-kroos. Sy’t minder fisieke eienskappe met haar susters of ma gemeen gehad as wat die res met mekaar deel. Maar nou, as jy verby die lang blonde hare kyk, lyk Khloé soos ’n kloon van haar ma. Sy lyk nou méér na Chris Jenner as na die Khloé van tien jaar gelede. Ek is nie juis ’n voorstande­r van drastiese plastiese chirurgie nie, maar as jy ontevrede is met die gelaatstre­kke wat jy geërf het, en jy kan en wil dit verander, is die risiko tog joune om te loop, of hoe? Ek twyfel of ’n geen vir genadelose selfbemark­ing reeds geïdentifi­seer is, maar danksy die omgewing waarin die Kardashian-Jenner-spruite grootword, sou dit my nie verbaas as dit binne enkele generasies in hul DNS opduik nie. Ongeag hoe jy oor hierdie familie voel, die Kardashian­s wéét hoe om hul genetiese én verbeterde bates tot die maksimum te benut.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa