Sarie

DIE OU DEBAT

-

Die druk om te oorleef en vooruitgan­g te maak het gelei tot die begeerte om ’n geneigdhei­d tot sukses of mislukking te voorspel. Die Engelse wysgeer Francis Galton het die frase “nature versus nurture” in 1869 geskep en sedertdien is dit een van die grootste filosofies­e debatte. Dok Danie Craven het glo gesê as jy ’n Springbok-rugbyspele­r wil word, beter jy jou ouers reg kies.

Vir hom het dit suiwer oor genetika gegaan. In Dok Craven se dae was dit dalk eerder die geval, soos met die oudSpringb­okkaptein Morné du Plessis en sy pa, Felix, wat ook kaptein van die Springboks­pan was, en sy ma, Pat, kaptein van die SA hokkiespan. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa