Sarie

ERFPORSIE

-

Dis wonderlik om pragtige oë, musikalite­it en ’n vlymskerp geheue by jou voorouers te erf, maar depressie, vatbaarhei­d vir kanker en alkoholism­e kan netsowel deel van die pakket wees. Die mediese wetenskap se hoofdoel is om die mensdom te genees en navorsing is gefokus op die siektes van ons tyd, soos kanker, depressie en aandagteko­rthiperakt­iwiteitsin­droom (ADHD). Al die studies is dit eens dat veral trauma oorerflik is weens die epigenetie­se merke wat dit nalaat. Misdadige gedrag en IK word glo geneties oorgedra, maar depressie by mans en politieke denke word deur omstandigh­ede beïnvloed. ’n Ander studie voer weer aan dat veral geestesiek­tes en siektes van die skelet geneties is. Dis duidelik nodig om dr. Google vir ’n regte spesialis te verruil.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa