Sarie

DOLFYNE ‘LOOP’ OP WATER

-

Dolfyne wat op hul stert “loop” – hul liggaam vertikaal uit die water lig en vorentoe en agtertoe op die oppervlak beweeg – word selde buite ’n dolfynpark gesien. Wilde dolfyne het egter geleer hoe – by ’n mater wat in gevangensk­ap was. Billie is ’n kort tydjie in ’n dolfynpark in Adelaide aangehou waar sy mak dolfyne die toertjie sien doen het. Toe sy vrygelaat word, het sy haar pêl Wave geleer hoe. Gou het ’n paar dolfyne lekker bo-op die water “gedans”. Australies­e wetenskapl­ikes het dit die eerste keer in 2008 waargeneem. En in 2011 was daar nege dolfyne wat die tegniek bemeester het. Daarna het dit afgeneem. Klaarblykl­ik was dit net vir die pret aangesien dit geen duidelike voordeel het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa