Sarie

GIE G GIGGELENDE ROTTE

-

Soos kinders, lag ape wanneer hulle mekaar jaag, kielie of stoei. Sjimpansee­s en gorillas wat gebaretaal geleer is, gebruik dit vir speelse belediging­s. Ook maar (amper) mens. Maar ’n wat lag? In ’n video wat tydens ’n Duitse studie gemaak is, jaag ’n grys-en-wit rot die navorser se hand – sodat sy pels liggies gefrommel kan word. Hy geniet dit gate uit en die snelvuur ultrasonie­se piepgeluid­e wat hy maak (te hoog vir die menslike oor), is ’n uitdrukkin­g van plesier, volgens die studie in die joernaal Science. Nie net kom hy weer en weer vir nóg nie. Die oordragsto­f dopamien word in die deel van sy brein vrygestel wat met beloning verband hou. Die beste van als, hy wys sy uitgelaten­heid op ’n manier wat jy by onder meer honde, lammertjie­s en kinders kry: Sulke spontane sprongetji­es wat die navorsers freudenspr­ünge, of vreugdespr­onge noem. Maar rot se kind geniet dit net as hy gelukkig en veilig voel. Baie soos die mens ook maar.

 ??  ?? Bronne: independen­t.co.uk, bbc.co.uk
Net as jy dink jy het alles gehoor. Bye het ook ’n emosionele lewe, het ’n studie bevind. Wanneer hulle stres, begin hulle later glo daar’s nie lig in die tonnel nie. In plein Afrikaans: Hulle word pessimiste. Hul vlakke van breinchemi­kalieë wat met depressie geassosiee­r word (dopamien, serotonien en oktopamien), verander ook. Maja wat so teen die vensterrui­t gons, glo dalk moedeloos sy sien haar familie in die korf nooit weer nie. Bron: psychology­today.com rot
Bron: sciencemag.org
Bronne: independen­t.co.uk, bbc.co.uk Net as jy dink jy het alles gehoor. Bye het ook ’n emosionele lewe, het ’n studie bevind. Wanneer hulle stres, begin hulle later glo daar’s nie lig in die tonnel nie. In plein Afrikaans: Hulle word pessimiste. Hul vlakke van breinchemi­kalieë wat met depressie geassosiee­r word (dopamien, serotonien en oktopamien), verander ook. Maja wat so teen die vensterrui­t gons, glo dalk moedeloos sy sien haar familie in die korf nooit weer nie. Bron: psychology­today.com rot Bron: sciencemag.org

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa