Sarie

MIERE VAT SIEKTEVERL­OF

-

As jy griep het, gaan jou kollegas jou bedank as jy tuisbly – en nie jou kieme op kantoor rondstrooi nie. Dit geld blykbaar ook vir miere, volgens ’n studie in die joernaal Science. Die navorsers het met infrarooi-kameras die bewegings van sowat 2 200 tuinmiere in 22 kolonies dopgehou. Sowat 10% is blootgeste­l aan ’n giftige swam. Die “krankes” het hul interaksie met die ander miere verander om te voorkom dat die potensieel noodlottig­e siekte dwarsdeur die kolonie versprei. Die mier-klieks – ja, hulle het oënskynlik ook sulke goed – het sterker geword en kontak tussen die verskillen­de klieks minder. Dit was nie duidelik of hulle ophou werk het nie, want net hul ligging en nie hul gedrag nie is bestudeer. Maar hul manier om hulself te isoleer, is soortgelyk as om ’n dag van die werk af weg te bly en só kontak met medewerker­s te verminder, volgens die navorsers. Bron: newsweek.com

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa