Sarie

SPEKBOOM IN JOU KOS

-

(bl. 134)

Die geheim van die brood is die deeg wat jy oornag in die yskas laat gis voor jy die brood bak.

genoeg vir 2 brode

600 ml water

10 g sout

1 x 10 g-sakkie kitsgis

4 takkies roosmaryn, fyngekap 200 g gemengde gesoute neute, grofgekap

1 kg koekmeel olyfolie vir smeer

Plaas water, sout en gis in ’n mengbak en meng goed. Voeg roosmaryn en neute by. Voeg meel geleidelik by terwyl jy met ’n houtlepel roer totdat ’n stywe, kniebare deeg vorm. Voeg ekstra meel by as deeg te nat is. Knie sowat 10 minute op ’n meelbestro­oide werkvlak tot ’n gladde, elastiese deeg. Verdeel deeg in twee en rol in stywe deegballe. Smeer 2 ronde yskasbesta­nde bakke van sowat 25 cm in deursnee met olyfolie. Plaas deegballe in bakke en laat rys oornag in yskas. Verhit oond tot

180 °C. Haal deeg uit yskas en laat staan in bakke vir 15 minute. Spuit 2 bakplate goed met kleefweren­de kossproei en keer deeg op plate uit. Bak vir 25-30 minute of tot goudbruin en bros. Sit louwarm voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa