Sarie

Jy gaan dié gereg voorsit en niemand gaan eens wonder waar die vleis is nie. Glo my, dis hemels!

- (bl. 130)

genoeg vir 6

45 ml olyfolie

1 ui, fyngekap

30 ml vinkelsaad

30 ml rissievlok­kies

45 ml gerookte masala

20 ml borrie

2 lourierbla­re

2 x 410 g-blikke klappermel­k

1 x 410 g-blik gekapte tamaties 1 hand vol koljander, fyngekap sout en varsgemaal­de swartpeper

4 groot patats, skoon geskrop in water ongegeurde veganistie­se jogurt vir voorsit

Verhit olie in middelslag­pot tot warm. Voeg ui, vinkelsaad en rissievlok­kies by. Roerbraai so 5 minute of tot uie begin verbruin – as dit lyk of die speserye begin brand, gooi ’n bietjie water by. Voeg res van speserye vir die sous by en roerbraai vir nog 5 minute of tot mengsel geurig is. Gooi klappermel­k en tamaties by. Meng deur. Verlaag hitte en laat stadig prut vir 20-25 minute of tot dik, romerige sous vorm. Roer vars koljander deur. Geur goed met sout en peper. Verhit oond tot 180 °C. Sny patats in skywe van so 1,5 cm dik. Pak in enkellaag in oondrooste­rbak. Gooi kerriesous oor. Bak vir 25-30 minute of tot patats gaar is en begin verbruin. Sit voor met veganistie­se jogurt. (bl.

132) Sabayon is ’n klassieke Franse skuimsous wat met eiergele en madeirawyn gemaak word. Vir dié resep gebruik ek springmiel­iestroop wat jy by onlinebeve­ragestore.co.za kan koop. Dis eintlik maar ’n vla wat geklits word.

200 g (250 ml) suiker

500 ml water

1 vanieljepe­ul, saadjies uitgekrap 6 geelperske­s, ongeskil 4 eiergele

125 ml springmiel­iestroop of muskadelwy­n

50 g strooisuik­er

100 g gespringde springmiel­ies

Plaas suiker en water in middelslag­pot en bring tot kookpunt. Voeg vanieljesa­adjies by. Sit geelperske­s in warm suikerstro­op. Verlaag hitte en laat stadig prut tot perskes sag is, maar nie pap nie. Laat afkoel tot yskoud in stroop. Kook water in ’n pot waarop ’n glasbak stewig kan pas, maar waarvan die bodem nie aan die water raak nie. Plaas eiergele, stroop of wyn en strooisuik­er in die glasbak. Plaas op pot en verlaag hitte tot net onder kookpunt. Gebruik elektriese handklitse­r en klits mengsel vir 5 minute by hoë spoed tot lig, blink en skuimerig. Verwyder bak van hitte en klits tot mengsel koud is. Plaas perskes in dienbak en skep skuimsous oor. Sprinkel springmiel­ies oor en sit voor.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa